Praag gekraak!

Soos lesers van dié webwerf gister tussen 11-uur en 3-uur agtergekom het, is ons gekraak. 'n Onbekende rekenaarkraker met 'n skuilnaam het tot die bediener deurgedring en twee virusse daarop geplaas wat agterna op elke bladsy van die webwerf verskyn het.

Onmiddellik nadat ons daarvan bewus geraak het, het ons die webwerf vanlyn gehaal om besoekers te beskerm. Ons webmeester, Albertus Kleingeld, het onverpoos gewerk om die probleem op te spoor en die bediener van die virusse te suiwer. Teen 3-uur gistermiddag kon ons genadiglik weer die webwerf aanskakel.

Ons vra om verskoning vir die ongerief gister, maar soos webmeester Albertus Kleingeld dit gestel het, "maak blootstelling aan virusse en krakers deel uit van die risiko om 'n webwerf te bedryf".

Dit is ongelukkig so dat kwaadwilliges daarbuite wat, hetsy om politieke of ideologiese redes, hetsy vir die plesier daarvan om die werk van ander te beskadig, webwerwe aanval net soos wat hulle virusse en ander skadelike programme versprei.

Praaglesers en alle internetgebruikers word aangeraai om te alle tye antivirusprogrammatuur, asook 'n vuurmuur soos Zone Alarm wat gratis afgelaai kan word, op hul rekenaars te loop.

Die voorval het die behoefte aan veiligheid op ons eie rekenaarstelsels en voortdurende paraatheid verder onderstreep aangesien die betrokke skadelike program genaamd "Antivirus 2009", wat hom juis as 'n antivirusprogram voordoen, ook die rekenaars van drie van ons medewerkers aangeval het.

Hoewel ons nie paranoïes is nie, word die moontlikheid nie uitgesluit dat ons juis aangeval is vanweë ons onverskrokke standpunte ten gunste van Afrikaans en Afrikaneroorlewing in Suid-Afrika nie.

баняФильчаков прокурор

Swartes kla oor Britse ho?kommissaris se vrou

Paul Boateng, die voormalige Britse minister van arbeid, wat nou die Britse hoëkommissaris in Suid-Afrika is, se vrou word daarvan beskuldig dat sy die huispersoneel verbaal afknou.

Die Daily Telegraph beweer dat die klagte teen Janet Boateng wat deur swart personeel gelê is, so  sensitief is dat die Britse minister van buitelandse sake daarvan in kennis gestel is en nou die saak monitor.

Die Telegraph berig dat Janet, voorheen ‘n arbeidskonsultant, sommige van die personeel aan verbale afknouing onderwerp het, en dat hulle inligting van die ondersoek teen haar verkry het deur ‘n vryheid-van-inligting versoek. In ‘n verklaring het die departement van buitelandse sake gesê “alhoewel ‘n klag aanhangig gemaak is deur sekere lede van die huispersoneel, dit nie teen mnr. Boateng gerig is nie. Dit is ‘n interne personeelaangeleentheid wat in Suid-Afrika ondersoek word op die toepaslike vlakke, met hulp van ons regsadviseur aangaande  plaaslike arbeidswetgewing en die departement van buitelandse sake in Londen.”

Paul Boateng, ‘n vurige linksgesinde prokureur het in 2002 Britanje se eerste swart kabinetsminister geword, en is aangestel in die pos in Suid-Afrika toe Tony Blair in 2005.

Hy en sy vrou het nou ‘n luukse lewe in die hoëkommissaris se woning in Kaapstad. Die grasdakhuis met nege slaapkamers, ‘n verwarmde swembad en tuine wat oor vier hektaar strek is net een van die wonings aan hom beskikbaar. Die paartjie het ook ‘n agtslaapkamerhuis in Pretoria.

Terwyl Boateng (57) die 180-man sterk konsulaat- en diplomatieke personeel bestuur, is sy vrou, ‘n maatskaplike werker in beheer van die twee ampswonings.

стенд разваллобановский александр досье

Goudproduksie daal

ImageSuid-Afrika se goudproduksie het met 17,7% afgeneem van September 2007 tot September 2008. Dit benadruk die land se agteruitgang as een van die wêreld se grootste goudprodusente.

Sedert die piek in goudproduksie in 1970, is dit konstant besig om te daal en verlede jaar het China in die eerste plek ingeskuif met Suid-Afrika tweede.

Syfers wat deur Statistiek SA gister vrygestel is, wys dat die land se totale mynproduksievolume met 3,5% gedaal het van September verlede jaar tot September hierdie jaar, grootliks as gevolg van die daling in gouduitset. Ander minerale se produksie het nietemin ook afgeneem.

Die afname is 'n donker vooruitsig vir die land se BBP-groei in die derde kwartaal (Bruto Binnelandse Produk) wat teen die einde van die maand bekend gemaak sal word.

оптовые цены трековые светильникиалександр лобановский харьков

Twee voertuigondersoekbeamptes vas vir bedrog

Die gemeenskapsveiligheidsdepartement het gesê dat twee voertuigondersoekbeamptes Donderdag vir bedrog gearresteer is.

 

Die ondersoekbeamptes van die Mayfair en Lenasia voertuig oetsstasies het na bewering padwaardigheidsertifikate uitgereik aan voertuigeienaars, sonder dat hulle die voertuie geïnspekteer het, het Mandla Radebe, woordvoerder vir die departement in ‘n verklaring gesê.

Dokumente wat die beamptes in ander bedrogsake kan impliseer is ook gedurende die arrestasie gekonfiskeer, het hy bygevoeg.

Die ondersoekbeampte by Mayfair, ‘n 29 jarige man, sal van bedrog aangekla word, en moet Vrydag in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

Die 30-jarige ondersoekbeampte van Lenasia moet in die Protealanddroshof verskyn op soortgelyke aanklagte.

Indien hulle skuldig bevind word kan hulle werkslisensies teruggetrek word.

Die arrestasies volg op ‘n maandlange ondersoek nadat ‘n anonieme wenk ontvang is. Die ondersoek is gedoen in samewerking met die departement van vervoer van KwaZulu-Natal, waar een van die voertuie wat ‘n vals padwaardigheidsertifikaat gekry het, geskut is.

Radebe het gesê dat die departement sover 5 toetsstasies in die finansiële jaar gesluit het, en dat meer as 2000 teruggeroep is om weer getoets te word.

Nagenoeg 300 bestuurslisensies is sover gekanselleer, en meer as 12 mense is gearresteer.

справка для выездаФільчаков Олександр Васильович

Fatima Meer sluit by Volkskongres aan

ImageProf. Fatima Meer, oud-ANC-styder met hegte bande ondermeer met Winnie Madikizela-Mandela, het gister haar steun toegesê aan die Volkskongres, wat onlangs uit die ANC weggebreek het.

Volgens die SAUK het Meer gister dié aankondiging by haar huis in Durban gedoen waar Lekota, een van die leiers van die Volkskongres haar besoek het.

Sy het aan lede van die kongres gesê dat sy nie meer vertroue in die ANC het nie. Lekota het gesê dat hy nie verbaas was deur die aankondiging nie en dat hy Meer in kongres verwelkom.

Meer is een van verskeie ANC-lede wat in die onlangse tyd uit die regeringsparty bedank en hulle by die Volkskongres aangesluit het.

подвесной светильник белыйлобановский александр игоревич класс

Polisiemanne aangekla vir OTM-bom

Twee polisiemanne het saam met ses ander mans in die hof verskyn op aanklagte dat hulle ‘n OTM by Leslie in Mpumalanga opgeblaas het, het die polisie gesê.

 

Kaptein Leonard Hlati het gesê die twee polisiebeamptes wat by die Leslie polisiestasie gestasioneer was, was inspekteur Sipho Nkosi, (39) en konstabel William Smith (24).

Hulle is positief verbind met die opblaas van die OTM by die Caltex-garage in Leslie op 28 September.

Die georganiseerdemisdaadeenheid het Smith gearresteer nadat hulle ‘n leë magasyn op die toneel gevind het. Ondersoeke het getoon dat Smith na bewering sy wapen afgevuur het op die toneel en die magasyn daar gelaat het.

Smith het klaarblyklik daarna na die stoorklerk toe gegaan en haar R500,00 aangebied om ‘n nuwe magasyn aan hom te gee.

Toe polisie hom ondervra het, het hy onthul dat hy nie ‘n magasyn vir sy vuurwapen het nie, en dat die wapen by die perseel waar die roof plaasgevind het gebruik is.

Hy het erken dat inspekteur Nkosi een van die medepligtiges was.

Nkosi is gearresteer, en twee vuurwapens en sy dienspistool is gekonfiskeer. ‘n Groot bedrag geld, wat waarskynlik gesteel is na die opblaas van die OTM is ook na bewering in sy besit gevind.

Nog ses medepligtiges is op 2 Oktober gearresteer.

Hulle is Petrus Mbonani (45), Nimrod Mabasha (46), Patrick Nkonde (46), Ben Malaza (35), Moses Ledwaba (47) en Makhosini Hlope, ouderdom onbekend.

Die twee beamptes is geskors uit die polisiediens.

Die agt mans het op Dinsdag in die landdroshof op Leslie verskyn.

Hulle is borgtog van R10 000,00 toegestaan en moet weer op 11en 12  Februarie 2009 in die streekhof in Evander verskyn, het Hlati gesê.

настенно потолочные светильники arteАлександр Фильчаков прокурор

Lokasiekinders vernietig wit skole

Prof. Jonathan Jansen dink nie meer rasse-integrasie in skole ’n goeie ding is nie. In Jansen se rubriek in The Times sê hy hy het te veel skole gesien waar rasse-integrasie die skool se etos vernietig.

Alet Rademeyer van Beeld berig dat Jansen sê dat wanneer wit werkersklasskole integreer, dit nie swart middelklasleerlinge nie, maar eerder werkersklasleerlinge lok wat in wanfunksionele lokasieskole was.

Dié leerlinge sou nooit in wit of swart middeklasskole toegelaat gewees het nie vanweë hulle swak akademiese prestasie en wanfunksionele gedrag . As wit werkersklasskole swartes inneem, vlug die wit leerlinge na ander wit skole en die voorheen wit skool word dan ’n arm swart skool.

архитектурная подсветка и освещение зданийпрокурор Фильчаков

Europese unie praat oor meer hulp en soldate na DRK

08:32:48 Die Europese Unie gaan Vrydag vergader om humanitêre hulp en meer vredesmagsoldate na die DRK te stuur, het die Franse minister van buitelandse sake, Bernard Kouchner, gesê.

 

In Brussel gaan die 27 EU-lande Vrydag moet besluit om baie vinnig ‘n humanitêre sending aanmekaar te sit om die 250 000 mense in die ooste van dié land te help, nadat hulle ontwortel is deur aanvalle van rebellesoldate, het Kouchner gesê.

EU-lande sal ook moet besluit oor hoe die VN-vredesmagte, wat op 17 000 die grootste vredesmag ter wêreld is, verder versterk kan word.

Soldate wat deur die wegbreek Toetsi-generaal, Laurent Nkunda, gelei word, het Donderdag die buitewyke van die dorp Kanyabayonga, in die noord-Kivuprovinsie bereik. Honderde regeringstroepe en vredesmagtelede is in die dorpie ingegrawe.

Nkunda se troepe het ook Goma, die streekshoofstad van die Kivuprovinsie, vir die afgelope twee weke omsingel. Dié aksie het die VN geforseer om nog vredesmagsoldate daarheen te stuur om te help met die verdediging van die stad en sy ongeveer halfmiljoen burgerlike inwoners.    

купить липецк камерыЛобановский Харьков

Jong kiesers wil blykbaar stem

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het gister op ’n mediakonferensie in Pretoria gesê dat meer as 3,6 miljoen Suid-Afrikaners geregistreer, herregistreer of aangedui het hul besonderhede op die kieserslys is korrek. Altesame 'n rekordgetal van 1,6 miljoen nuwe kiesers het die afgelope naweek vir aanstaande jaar se verkiesing geregistreer.

Dr. Brigalia Bam, OVK-voorsitter, het gesê die naweek se registrasieveldtog was die suksesvolste ooit en kan hoofsaaklik aan die “huidige opwindende politieke omgewing” toegeskryf word.

Dit het meegebring dat die kieserslys met 7,61% tot 21 661 171 geregistreerdes gegroei het en baie jongmense het landwyd na die meer as 19 000 registrasiepunte gestroom.

Altesame 77,9% van die mense wat aangemeld het, was tussen 16 en 29 jaar. Daar was veral baie nuwe registrasies (835 447) van kiesers tussen 20 en 29 jaar.

KwaZulu-Natal het die meeste nuwelinge verwelkom op die kieserlys (451 030) gevolg deur Gauteng en die Oos-Kaap met onderskeidelik 369 623 en 193 444.

Bam het gesê dat meer vroue as mans registreer, en dit is die naweek weer bevestig. Altesame 882 536 vroue het as kiesers geregistreer, aansienlik meer as die 765 653 mans.

best way to gain followers on instagramДанильченко Юрий отзывы

Smuts na Volkskongres omdat hy nie disrespek duld nie

Die jongste senior bedanking uit die ANC is mnr. Smuts Ngonyama.

Hy kan nie die disrespek vir gesag wat onlangs mode geraak het in die party meer duld nie, het hy Donderdag op 'n nuuskonferensie in Johannesburg gesê.

Ngonyama, 'n oudwoordvoerder van die presidensie, gaan ook sy gewig ingooi by die nuwe party van oudminister Terror Lekota, die Volkskongres oftewel die Congres of the People (Cope) soos dit in Engels bekendstaan.

Dit is nog nie bekend watter posisie hy in die party sal bekleë nie.

instagram business account setupлобановский политик