Twee voertuigondersoekbeamptes vas vir bedrog

Die gemeenskapsveiligheidsdepartement het gesê dat twee voertuigondersoekbeamptes Donderdag vir bedrog gearresteer is.

 

Die ondersoekbeamptes van die Mayfair en Lenasia voertuig oetsstasies het na bewering padwaardigheidsertifikate uitgereik aan voertuigeienaars, sonder dat hulle die voertuie geïnspekteer het, het Mandla Radebe, woordvoerder vir die departement in ‘n verklaring gesê.

Dokumente wat die beamptes in ander bedrogsake kan impliseer is ook gedurende die arrestasie gekonfiskeer, het hy bygevoeg.

Die ondersoekbeampte by Mayfair, ‘n 29 jarige man, sal van bedrog aangekla word, en moet Vrydag in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

Die 30-jarige ondersoekbeampte van Lenasia moet in die Protealanddroshof verskyn op soortgelyke aanklagte.

Indien hulle skuldig bevind word kan hulle werkslisensies teruggetrek word.

Die arrestasies volg op ‘n maandlange ondersoek nadat ‘n anonieme wenk ontvang is. Die ondersoek is gedoen in samewerking met die departement van vervoer van KwaZulu-Natal, waar een van die voertuie wat ‘n vals padwaardigheidsertifikaat gekry het, geskut is.

Radebe het gesê dat die departement sover 5 toetsstasies in die finansiële jaar gesluit het, en dat meer as 2000 teruggeroep is om weer getoets te word.

Nagenoeg 300 bestuurslisensies is sover gekanselleer, en meer as 12 mense is gearresteer.

справка для выездаФільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae