Die Daily Telegraph beweer dat die klagte teen Janet Boateng wat deur swart personeel gelê is, so sensitief is dat die Britse minister van buitelandse sake daarvan in kennis gestel is en nou die saak monitor.
Die Telegraph berig dat Janet, voorheen ‘n arbeidskonsultant, sommige van die personeel aan verbale afknouing onderwerp het, en dat hulle inligting van die ondersoek teen haar verkry het deur ‘n vryheid-van-inligting versoek. In ‘n verklaring het die departement van buitelandse sake gesê “alhoewel ‘n klag aanhangig gemaak is deur sekere lede van die huispersoneel, dit nie teen mnr. Boateng gerig is nie. Dit is ‘n interne personeelaangeleentheid wat in Suid-Afrika ondersoek word op die toepaslike vlakke, met hulp van ons regsadviseur aangaande plaaslike arbeidswetgewing en die departement van buitelandse sake in Londen.”
Paul Boateng, ‘n vurige linksgesinde prokureur het in 2002 Britanje se eerste swart kabinetsminister geword, en is aangestel in die pos in Suid-Afrika toe Tony Blair in 2005.
Hy en sy vrou het nou ‘n luukse lewe in die hoëkommissaris se woning in Kaapstad. Die grasdakhuis met nege slaapkamers, ‘n verwarmde swembad en tuine wat oor vier hektaar strek is net een van die wonings aan hom beskikbaar. Die paartjie het ook ‘n agtslaapkamerhuis in Pretoria.
Terwyl Boateng (57) die 180-man sterk konsulaat- en diplomatieke personeel bestuur, is sy vrou, ‘n maatskaplike werker in beheer van die twee ampswonings.
