Water in en om Musina toets negatief vir cholera

Waterbronne om Musina en Beitbrug in Limpopo het negatief getoets vir cholera, wat gediagnoseer is in meer as 200 mense, meestal Zimbabwiërs wat daar kom behandeling soek het, het beamptes van die departement van waterwese Woensdag gesê.

"Dit wys niks nie" het die hoofdirekteur van die departement, Alson Matukane gesê.

"Dit is anders as normale cholera, omdat dié cholera ingeloop kom" het hy verduidelik, met verwysing na die 208 Zimbabwiërs wat behandel is in Suid-Afrika sedert 15 November, omdat dié land se gesondheidstelsel sukkel om by te bly.

Dit is 'n verhoging van die 189 gevalle wat Limpopo gesondheidsowerhede Dinsdag aangemeld het.

Woordvoerder Phuti Seloba het gesê gesondheidsowerhede is op die punt om die grens oor te steek met 'n vragmotor vol voorraad wat deur 'n organisasie geskenk is en wat daar versprei sal word.

Hy het bygevoeg dat sommige van die nuwe gevalle Zimbabwiërs is wat in Suid-Afrika woon, wat die siekte gekry het met besoeke aan gesinslede en wat terug gekom het vir behandeling.

Volgens 'n kabinetsbesluit het die Suid-Afrikaanse regering gesê dat hulle Zimbabwiese owerhede sal help om die siekte daar onder beheer te bring.

'n Gesamentlike taakspan kom twee keer per dag bymekaar om behoeftes te oorweeg, en beplanning te doen vir die regerings- en nie-regeringsorganisasies.   

вопросы полиграфа в фсбДанильченко Юрий Харьков

Kaapse verkeersbeampte gearresteer vir korrupsie

'n Verkeersbeampte is een van vier mense wat Woensdag in Velddrift gearresteer is vir die onwettige uitreiking van leerlinglisensies en bestuurslisensies, het die Weskuspolisie gesê.

Superintendent Andre Traut het gesê die lisensies is uitgereik teen 'n koste van tussen R1000 en R4000 sonder dat daar enige toets afgelê is.

Die 49 jarige verkeersbeampte is by sy huis in Laaiplek gearresteer.

'n 32-Jarige vroulike administratiewe klerk by die Velddriftmunisipaliteit is ook gearresteer. Verder is twee mans onderskeidelik 49 en 42 gearresteer by hulle huise in Mitchell's Plain en Hopefield.

Daar word geglo dat die twee mans as agente opgetree het vir die beamptes en voornemende kliente vir hulle gewerf het.

Dit is nog onbekend hoeveel lisensies so uitgereik is, maar dié wat wel gevind word wat onwettige lisensies is, sal gekanselleer word, het Traut gesê. 

лего магазиныДанильченко Харьков

Niks meer Indiese troepe nie asseblief vra Kongo die VN

ImageDie Kongolese regering het aan die VN-sekretaris geneaal Ban ki-Moon in 'n brief gevra om nie meer Indiese troepe te stuur as deel van die vredesmagte nie, volgens 'n brief wat Dinsdag aan AFP gelees is.

Indië word nie by name genoem nie, maar diplomatieke bronne het aan AFP gesê dat die DRK sonder twyfel na die Indiese komponent van MONUC, die VN se vredesmag verwys.

"In ag genome die groot misbruike van mag van sekere troepe in MONUC, sal die Kongolese mense nie verstaan indien soldate van dieselfde lande af kom om getalle in MONUC te versterk nie," het die brief gelui wat aan AFP voorgelees is deur diplomatieke bronne.

Indiese vredesmaglede is daarvan beskuldig dat hulle seksuele misdrywe begaan het en in Augustus het MONUC erken dat sommige Indiërs daarby betrokke kon wees. 

Dié brief kan 'n groot diplomatieke vernedering wees vir die VN.

Sowat 90% van die vredesmaglede wat die noord-Kivu distrik patrolleer is van Indië afkomstig, en New Delhi het ook aanvalshelikopters vir die sending voorsien. 

 

lego киевлобановский александр дочь

Cholera, Zimbabwe se nuwe uitvoerproduk!

Drie tente in die hospitaaltuine van Musina bevat die nuutste en onwelkome byproduk van Zimbabwe se verval, cholera.

 

In die afgelope twee weke, het byna 200 Zimbabwiërs al behandeling vir die aansteeklike diarreesiekte ontvang by die hospitaal in Musina, en omtrent 1000 het rehidrasiebehandeling ontvang direk by die Suid-Afrika grens.

Hulle is die gelukkige mense, meeste maak dit nie sover as die grens nie.

Die VN het gesê dat daar Dinsdag meer as 50 cholerasterftes in Zimbabwe aangemeld is, wat die sterftesyfer op 366 plaas van Augustus af, met meeste in die laaste twee weke.

Die VN het gesê dat 8887 gevalle nou aangemeld is en dat die siekte nou oor meer as die helfte van die land versprei het en oor die grense in Suid-Afrika en Botswana inbeweeg het.

Zimbabwe se Dokters sonder grense het Dinsdag gesê dat nog honderde Zimbabwiërs by hulle huise sterf, sonder behandeling en dat hulle sterftes nie getel word nie, as gevolg daarvan dat die gesondheidsisteem ineengestort het.

Die groep se voorsitter, dr. Douglas Gwadziro, het aan AP-televisie gesê dat "syfers aandui dat die sterftesyfer 10% en hoër is onder die wat cholera opgedoen het."

Indien mens kyk na die VN se syfers van verlede week, van omtrent 6000 infeksies, "kan mens veilig aanvaar dat 500 tot 600 mense in die streek dood is aan cholera," het hy gesê.

Te midde van beskuldigings dat die Zimbabwiese regering die krisis ontken en opsetlik lae syfers bekendmaak, het Gwadziro gesê dat die aanmelding van laer syfers kan wys dat mense nie weet dat mense by hulle huise sterf nie.

Die ergste lê nog voor, omdat die reënseisoen met mening op pad is.

Harare, die hoofstad, en ander dele van die land loop deur onder harde reën, wat rou menslike afval in die strate en drinkwatersisteme inspoel.

Baie dele van die land is al vir twee weke lank sonder behoorlike drinkwater.

Cholera word versprei deur besmette water en voedsel. Zimbabwe se uitbraak word geblameer daarop dat die waterbehandelingsaanlegte en rioolpype wat gebars het vir jare lank nie onderhou is nie.

Die uitbraak is moeilik om te beheer. Hospitale maak toe omdat hulle nie personeel kan betaal nie. Ander wat wel oop bly, het weer geen medikasie om mense mee te help nie.

Die land is in 'n toestand van besluiteloosheid al vir die beter deel van die jaar oor die verkiesings. In September het president Robert Mugabe, die land se leier sedert 1980 en Morgan Tsvangirai, die opposisieleier, ooreengekom oor 'n regering van nasionale eenheid, maar sedertdien kon hulle nie besluit oor hoe die kabinetsposte verdeel moet word nie.

Owen Mugari, , wat op 'n bed in die mediese tent by Musina hospitaal lê, met 'n drup aan sy arm en skoon bottels water byderhand is een van die gelukkiges. Die skoon drinkwater alleen is 'n ongekende luukse in Zimbabwe. Mugari sê dat hy by die uur beter voel.

"Ek is dankbaar om hier te kan wees, en dankbaar vir die behandeling," het hy gesê. Hy was 'n geleentheidswerker op plase gewees in Zimbabwe. "In Zimbabwe is daar niks,, niks" het die 29-jarige man gesê, en die boodskap van soveel Zimbabwiërs wat na Suid-Afrika toe kom, bevestig.

Hospitaal owerhede is besig om nuwe beddens op te stel, in afwagting op nog mense, maar hulle kan nog aanhou, het die owerhede gesê. Solank as wat cholera-pasiënte  vroeg genoeg behandel word, is dit maklik om te behandel met rehidrasie soute.

Drie mense is sover dood by die hospitaal, het woordvoerder Edward Malema gesê, omdat hulle te laat daar aangekom het.

no deposit betsФільчаков Олександр Васильович прокурор

Botswana kan aan Tsvangirai politieke asiel bied

Image

Phandi Skelemani

09:31:27 Botswana se minister van buitelandse sake het Woensdag in 'n onderhoud gesê dat sy land bereid sal wees om Zimbabwe se opposisieleier toe te laat om daar te werk as leier in ballingskap.

Die minister van buitelandse sake, Phandu Skelemani, het ook aan BBC-wêreldnuus gesê dat die streeksmagte maar moet aanvaar dat hulle gefaal het om  die dooiepunt tussen Mugabe en Tsvangirai op te los en dat hulle nou ekonomiese druk op Zimbabwe sal moet toepas.

Toe hy gevra is of Botswana aan Tsvangirai 'n veilige hawe sal bied indien die magsdeling amesprekinge misluk, het Skelemani gesê:"Indien enige iemand na Botswana kom en sê dat hulle vrees vir hulle lewe, in hulle eie land, sal ons hulle nie wegjaag nie."

Toe hy verder gedruk is vir antwoorde oor wat Tsvangirai sal kan doen vanuit Botswana se grondgebied, het die minister gesê dat hy nie toegelaat sal word om 'n militêre aanval te loods uit Botswana nie, maar dat hy moontlik 'n politieke weerstandsbeweging kan lei uit dié land.

"Dit sal die mindere van twee euwels wees, wat waarskynlik sal wees om die wapens op te neem en onskuldige mense te laat sterf," het Skelemani gesê.

Botswana se president, Ian Khama, is een van die min Afrikaleiers wat Mugabe openlik kritiseer,en wat sy herverkiesing in Junie as onwettig beskou.

Die minister van buitelandse sake het ook gesê dat die SAOG-ontwikkelingsblok nou moet erken dat hulle bemiddelingspogings misluk het.

"Die internasionale gemeenskap, die SAOG eerste van almal, moet nou erken dat hulle misluk het, dat ons almal misluk het, dat ons as die SAOG misluk het. Die res van ons moet nou toegee dat ons misluk het," het Skelemani aan die BBC gesê.

"Na dese moet die SAOG "'n beroep doen op die internasionale gemeenskap en vir Mugabe reguit vertel: 'Kyk, jy is nou op jou eie, ons sal jou grense sluit en jou afskakel', en ek glo nie hy sal lank hou nie," het Skelemani gesê.

"Indien geen petrol vir 'n week lank die land binnegaan nie, kan hy nie hou nie."

Onderhandelaars vir Mugabe en Tsvangirai het weer vir nuwe samesprekinge in Suid-Afrika ontmoet om die dooiepunt in die ooreenkoms uit te stryk. Volgens die ooreenkoms sal Mugabe as president aanbly en Tsvangirai die pos as eerste minister kry.

Tsvangirai het die eerste rondte van die verkiesing in Maart gewen, maar onttrek uit die Junieverkiesing, nadat Mugabe-ondersteuners ernstige aanvalle op sy ondersteuners geloods het, en 'n hele klomp van hulle dood is.

отзывы о хорватиилобановский александр игоревич класс

Asiese immigrante in Brittanje verdubbel in ‘n jaar

Syfers wat deur die Europese Kommissie bekend gemaak is, toon 'n merkbare afname in immigrasie van Oos Europa, 'n daling van 205 000 na Brittanje in 2006 tot 185 000 in 2007.

Ter selfde tyd het die syfers van immigrante wat Brittanje binnekom vanuit nie-Europese gebiede soos Asië skerp gestyg. Dié syfer het amper verdubbel, van 90 000 in 2006 tot 176 000 in 2007.

Die Konserwatiewe Party het dié onlangse syfers gebruik om hulle versoeke dat daar 'n jaarlike perk op die hoeveelheid immigrante geplaas word wat Brittanje binnekom uit nie-EU lande, te rugsteun.

Die EU syfers wat vandag bekend gemaak word, sal na verwagting wys dat die bevolking met 1,8 miljoen mense gegroei het sedert die Arbeidersparty aan bewind gekom het.   

модули подготовкипрокурор Фильчаков

Iran hang veroordeelde Israeli spioen

Iran het 'n man wat van spioenasie vir Israel beskuldig was tereggestel in die eskalerende intelligensieoorlog tussen die twee lande, het 'n hooggeplaasde Iranse sekuriteitsbeampte Saterdag op 'n perskonferensie gesê.


Ali Ashtary, 'n besigheidsman wat kommunikasie- en sekuriteitstoerusting verkoop het aan Iranse sekuriteitsorganisasies, is in 2007 gearresteer en skuldig bevind daaraan dat hy vir die Mossad, die Israeliese intelligensie agentskap, gespioeneer het, het die semi-amptelike nuusagentskap Mehr die beampte aangehaal.

Die beampte, wat die hoof is van die teenspioenasie eenheid van die inligtingsministerie, en wat nie by name geïdentifiseer was nie, het gesê dat Ashtary Maandagoggend tereggestel is. Associated Press het berig dat die man gehang is.

Die teenspioenasie-eenheidbeampte het gesê dat die Mossad satelliettelevisie advertensies en kletskamers gebruik om Iranse burgers te werf om inligting omtrent Iran in te win.

Iranse beamptes het Israel en Amerika beskuldig daarvan dat hulle verskeie separatistiese militante groepe binne en buite die land ondersteun.

Dinsdag, met die aanvang van 'n hofsaak in Tehran, het drie mans hulle aandeel in 'n bomontploffing erken by 'n aanbiddingsplek in Shiraz, in sentraal-Iran, in April. Iranse beamptes het gesê Amerika en Israel was betrokke by die ontploffing wat 14 mense dood gelaat het.

Tehran se prokureur-generaal het gevra vir die doodstraf vir die mense wat by die aanval betrokke was, wat ook 200 mense beseer het, het die amptelike IRNA nuus agentskap gesê. 

строительство турецкой баниДанильченко

Kenner waarsku dat waterkrisis kan lei tot onstabiliteit in Suid-Afrika

Image

Besoedelde water

11:37:18 Anthony Turton, 'n politieke wetenskaplike en navorser in die veld van waterbronne bestuur, is verlede week by die WNNR geskors nadat hy verhoed is om 'n studie bekend te maak waarin hy bevind dat ons op 'n erge waterkrisis afstuur.

Volgens die WNNR, het dr. Turton 19 jaar se ondervinding met strategiese beplanning en risikobepaling in gebiede waaroor daar gestry word, insluitende onderhandeling om die komplekse en uitgerekte tye van konflik te beëindig.

Ingesluit hierby was die onderhandelinge wat gelei het tot die onttrekking van Suid-Afrika uit Angola; die implementering van die VN se resolusie 435 en die onafhanklikheid van Namibië; die geheime onderhandelings wat gelei het tot die vrylating van politieke gevangenes en die Kodesagesprekke; asook die geheime diplomatieke onderhandelinge wat Mosambiek se burgeroorlog beëindig het.

Turton het 'n doktorsgraad in die waterpolitiek van Suid-Afrika, het baie geskryf oor waterbronne se bestuur en het 'n spesiale belangstelling in regering. Verder dien hy op die redaksie van die Internasionale tydskrif vir die bestuur van waterbronne en is ook 'n gereelde spreker by groot internasionale geleenthede.

Die waterkrisis sal waarskynlik sosiale onstabiliteit aanblaas en toekomstige ekonomiese ontwikkeling beperk, het hy gesê.

Sy waarskuwings oor die dreigende waterkrisis volg op waarskuwings vroeër vanjaar deur ander waterbestuurskenners, wat heftige ontkenning in die parlement uitgelok het van die minister van waterwese en bosbou, Lindiwe Hendricks.

Dié kenners het gesê dat Suid-Afrika se beperkte watervoorsieningstelsel die gesondheid van miljoene bedreig en het gewaarsku dat 'n krisis, soortgelyk aan die elektrisiteitskrisis, kan ontstaan indien onmiddellike stappe nie geneem word om die kwaliteit van water te bewaar nie.

как купить справкулобановский александр дочь

Noordwes universiteit skors Facebook-student

'n Student wat verbind is met 'n Facebookgroep is geskors uit die universiteit van Noordwes, het 'n woordvoerder Maandag gesê.

  

Louis Jacobs het gesê dat 'n dissiplinêre verhoor die student skuldig bevind het daaraan dat hy die universiteit se goeie naam deur die modder gesleep het.

Sewe studente by die universiteit van Noordwes het is dissiplinêr verhoor oor die groep "ek laaik nie 'n houtkop nie, sou what", wat onlangs op Facebook verskyn het.

Die groep se lede het neerhalende woorde en kommentaar oor swartmense op die groep geplaas. Op die groep was daar ook 'n foto van 'n witman wat 'n geweer vashou terwyl hy poseer oor die trofee van 'n jong swartman wat op die grond lê.

Jacobs het gesê die studente, wat almal by die Potchefstroomkampus geregistreer was, was aangekla omdat hulle optrede nadelig vir die universiteit was , of nadelig kon wees vir die goeie naam, orde, dissipline en vordering van die universiteit.

Ses van hulle is nie skuldig bevind nie. Jacobs het gesê die dissiplinêre komitee kon geen getuienis vind dat hulle aktief deelgeneem het aan die groep nie.

Met verwysing na die student wat geskors is, het Jacobs gesê dat die universiteit sekere regte gehad het aangaande die verwagte optrede van studente.

вертолеты на радиоуправлении киевtopcargo развод

Vyf vas vir moord op ‘heks’

Vyf mans het in die Amsterdamse landdroshof verskyn op aanklagte dat hulle 'n vrou, wat hulle daarvan verdink het dat sy 'n heks was, vermoor het, het die Mpumalanga polisie gesê.

Superintendent Abie Khoabane het gesê dat omtrent teen 05:15 het die vyf mans na bewering by die 51 -arige vrou se kamer, by Redcliff net buite Amsterdam, waar sy geslaap het, ingebreek.

Daarna het hulle haar na bewering met 'n byl oor die kop gekap.

Sy is op die toneel oorlede. Die vyf mans is Sondag gearresteer.

Hulle saak is uitgestel tot 5 Desember vir borgaansoek. Die mans, wie se ouderdomme wissel van 18 tot 23, bly steeds in aanhouding, het Kgoabane gesê.

хамама мозаикойлобановский александр дочь