Europese hof bevind teen Britse beleid oor verdagtes-databasis

ImageDie Europese menseregtehof het Donderdag eenparig bevind dat Brittanje se beleid om vingerafdrukke en DNS van alle kriminele verdagtes in te samel en te stoor, selfs die van mense wat onskuldig bevind word, 'n skending van menseregte is. 

Die uitspraak wat is Straatsburg gemaak is, was 'n harde slag vir die wetstoepassingsbeleid van die Arbeidersparty egering, wat Europa gelei het deur aggressief te werk gegaan het met die insameling van persoonlike inligting van hulle burgers. Die hof het met sterk taal sy teenkanting uitgespreek teen die diskriminerende en oorkoepelende aard van die polisie se beleid om DNS materiaal vir 'n onbepaalde tydperk op die databasis te hou.

Brittanje se DNS-databasis bevat die profiele van meer as 4,6 miljoen mense, waarvan omtrent 860 000 nie kriminele rekords het nie. Kenners in die reg tot privaatheid sê dit verteenwoordig 'n hoër aantal mense in die bevolking as soortgelyke databasisse in ander lande.

Menseregtegroepe het die hof se uitspraak verwelkom as 'n beperking op die magte van die regering.  

консольные светильникиДанильченко Юрий Брониславович

Genestudie toon Spanje se Joodse en Moslem voorgeslagte

ImageDie genetiese handtekeninge van mense in Spanje en Portugal toon nuwe en eksplisiete bewyse van die massaomskakelings van Sefardiese Jode en Moslems na Katolieke in die 15de en 16de eeue nadat Christenweermagte Spanje weer teruggewen het van Moslembeheer, het 'n span genetici gesê.

Twintig persent van die bevolking van die Iberiese skiereiland het Sefardiese Joodse voorouers en elf persent het DNS wat Moorse agtergrond toon, het die genetici gevind. Historici het gedebatteer oor hoeveel Jode gekersten is en hoeveel ballingskap gekies het. "Een kant het die hoeveelheid omskakelings baie erg onderskat," het Jane Gerber, 'n kenner in Sefardiese geskiedenis by die universiteit van New York gesê.

Die bevindings benadruk weereens twee verskillende beskouinge oor die Spaanse geskiedenis, het dr. Jonathan Ray, 'n professor in Joodse studies by Georgetown universiteit gesê. Een, voorgestel deur die 20ste eeuse historikus Claudio Sanchez-Albornoz, wat reken dat die Spaanse beskawing Katoliek is en ander invloede van die buiteland ingeneem het, en die ander beskouing sien Spanje as 'n land wat verryk is deur al drie sy historiese kulture, Katoliek, Joods en Moslem.

Die studie wat gebaseer is op analise van die Y-chromosome, is gedoen deur bioloë onder leiding van Mark Jobling van die universiteit van Leichester in Engeland en dr. Francesc Calafell van die Pompeu Fabra universiteit in Barcelona. Hulle het 'n Y-chromosoom handtekening ontwikkel vir Sefardiese mans deur Sefardies Joodse gemeenskappe te bestudeer in plekke waar Jode heen gemigreer het nadat hulle tussen 1492 en 1496 uit Spanje gesit is. Hulle het ook die Y-chromosome van Arabiere en die Berber weermag wat Spanje ingeval het in 711 nC ontleed uit data van mense wat in Marokko en die Westelike Sahara woon.

Na 'n tydperk van verdraagsaamheid onder die Arabiese Umayyad dinastie, het Spanje 'n tydperk ingegaan waar die Moslem Berber heersers Christene en Jode gedwing het om Islam te aanvaar, en die Christenoorwinnaars die Jode en Moslems daarna weer gedwing het om Christus te aanvaar of die land te verlaat. Die nuwe genetiese studie, het Donderdag aanlyn in die Amerikaanse Joernaal van Menslike genetika berig dat daar hoë vlakke van aanvaarding van 'n nuwe godsdiens was onder die Jode.  add up all the numbers on a roulette wheeltopcargo

Min hoop vir Amerikaanse motorvervaardigers

Desperate Amerikaanse motorvervaardigers het nuwe teenstand gekry van skeptiese politici toe hulle met nuwe nederigheid gevra het vir 'n $34 miljard hulppakket. Sonder hulp, het een senator gesê "kyk ons na 'n doodsvonnis".

Met politici in beide partye wat die vervaardigers aanmoedig om 'n vooraf onderhandelde bankrotskap te aanvaar – iets wat hulle tot nou toe geïgnoreer het – het die groot drie 'n regeringsbeheerde herstrukturering begin oorweeg wat resultate soortgelyk aan bankrotskap sal lewer, insluitend groot afskaling, in ruil vir die hulpmiljarde. Maar daar is geen waarborg dat hulle dit eers sal kry nie.

En dit is nie al slegte nuus gewees nie. Beamptes van die kongres het Donderdag gesê dat die een voorstel, om geld van 'n reeds goedgekeurde fonds af te trek wat eenkant gesit is vir die maak van karre wat omgewingsvriendelik is, nie naastenby soveel geld sal lewer as wat motorvervaardigers sê hulle nodig het nie.

Die motorvervaardigers se uitvoerende beamptes het by 'n Capitoll Hill vergadering — hulle tweede rondte in minder as 'n maand — gepleit vir noodhulp voor die jaar se einde. Met tyd wat min raak voor die einde van die huidige kongres, blyk skeptisisme egter so sterk soos voorheen te wees.   

для девочкиАлександр Фильчаков прокурор

Nuwe Rowlingboek betower kleinspan

Die supersterskrywer, JK Rowling, die skrywer van die Harry Potter-reeks, het haar eerste boek geskryf nadat sy die reeks oor die seun met die weerliglitteken afgesluit het.

“Tales of Beedle the Bard” (“Verhale van Beedle die Volksanger”) is gister wêreldwyd vrygestel. Boekwinkels regoor Brittanje het hulle deure vroeg oopgemaak sodat skoolkinders die geleentheid kon kry om 'n eksemplaar voor skool aan te skaf.

Die boek word in die sewende en laaste uitgawe van die Harry Potter-reeks genoem. Daarin gee die skoolhoof die bundel sprokies aan Harry se vriendin, Hermione Grainger. Die jong towenaar gebruik dit later om sy aartsvyand, Voldemort, te verslaan.

Rowling het die boek oorspronklik met die hand geskryf en ses manuskripte aan uitgesoekte vriende geskenk. Sy het die boek self geïllustreer. Die sewende eksemplaar is op 'n veiling vir R28,000,000-00 aan die internetboekwinkel Amazon verkoop.

Die boek het reeds oorvloedige lof van lesers ontvang, met Rowlingaanhangers wat sê hulle is verlig dat die boek hulle verwagtinge oortref het.

Die boek het 'n drukoplaag van 7,5 miljoen eksemplare en is in 10 tale in meer as 20 lande vrygestel.

Rowling is die eerste skrywer ooit om meer as 'n miljard dollar met boeke te verdien.

автоматическое управление насосной станциейДанильченко

Zimverdrag reg om geteken te word ? SA regering.

Suid-Afrika verwag dat Zimbabwe se strydende partye 'n ooreenkoms vir 'n wysiging van die grondwet eersdaags sal onderteken.

“Ons verwag dat die wysiging enige dag geteken sal word,” het Themba Maseko aan verslaggewers tydens 'n voorligtingsessie na 'n kabinetsvergadering gesê.

Hy het bygevoeg dat die regering sal volhou om druk op die politieke prinsipale te plaas.

Die voorgestelde wysiging sal die pos van eerste minister vir die leier van die MDC, Morgan Tsvangirai, skep. Sy party dring egter steeds aan dat daar uitstaande vraagstukke is wat opgelos moet word voordat hulle met Robert Mugabe se ZANU-PF sal saamwerk.

Onderhandelinge oor magsdeling is in November opgeskort toe Tsvangirai die voormalige Suid-Afrikaanse president, Thabo Mbeki, van vooroordeel en 'n karige begrip van die werklikhede beskuldig het.

Maseko het gesê die Suid-Afrikaanse regering sal voortgaan om Mbeki se pogings te steun.

“Die regering en die SAOG het volle vertroue in voormalige president Mbeki se bemiddelingswerk. Die regering staan steeds hierby.”

Mugabe en Tsvangirai het vroeër, na die verkiesing, ooreengekom om die regeringsmag te deel.

купить машину на радиоуправленииДанильченко Юрий Брониславович

Iran sweet oor olieprys

Iran se president Mahmoed Ahmadinejad het vir die eerste keer erken dat die daling in wêreldoliepryse sy regering se ekonomiese projekte in die wiele kan ry.

“As ons die prys op 30 dollar vasstel, sal ons van baie van ons ekonomiese projekte moet afsien,” het hy aan die plaaslike media gesê. “En ons moet dit op tussen 30 en 35 dollar vasstel want ons bepaal nie die internasionale markte nie.”

Hy het toegegee dat “oliepryse vir 'n aansienlike tyd laag sal bly” as gevolg van die wêreldwye resessie.

Iran, wat OPUL se tweede grootste produsent is, het 'n amptelike olieuitset van 4,2-miljoen vate per dag en helfte van die land se begroting berus op ruolieuitvoere.

Ahmadinejad het net verlede maand gespog dat sy regering op “'n vat olie met 'n prys tussen agt en vyf dollar” kan loop.

“Selfs as ons die punt bereik waar die vyand nie meer ons olie wil koop nie, kan ons steeds die land bestuur. Dank God, die fluktuasies in die olieprys sal geen uitwerking op die volgende begroting hê nie.”

Ahmadinejad het in 2005 die regering oorgeneem met 'n populistiese veldtog wat massiewe hoeveelhede olie-inkomste in plaaslike infrastruktuur ingepomp het en laerentelenings toegestaan het om werksgeleenthede te skep.

Hy is skerp gekritiseer deur ekonome wat meen die fokus is daarop geplaas om verbruikersbesteding aan te wakker eerder as om in plaaslike industrieë te belê en om vir die toekoms voorsiening te maak.

Die tuimeling van die olieprys kan Ahmadinejad duur te staan kom tydens die aanloop tot die presidensiële verkiesings wat vir Junie 2009 geskeduleer is.

воздушный ресивер купитьОлександр Фільчаков прокурор

Zimbabwe polisie storm betogende dokters

Onluspolisie het 'n groep dokters en verpleegsters gestorm wat protes aangeteken het oor Zimbabwe se groeiende ekonomiese en gesondheidskrisis, het ooggetuies Woensdag gesê nadat die sterftesyfer as gevolg van choleraepidemie gestyg het. Dié epidemie word op die verbrokkelende infrastruktuur blameer.

Die getuies het gesê die polisiebeamptes in Harare het die optog van dokters en verpleegsters, sommige in uniform, gestorm het, waarna hulle gevlug het.

'n Paar blokke weg het polisie onderwysers wat by dieselfde optog wou aansluit voorgekeer en ten minste 6 mense is in polisievoertuie weggeneem, volgens getuies wat nie hulle name genoem wil hê nie uit vrees vir vergelding.

Die unies sluit nou aan by 'n massaorganisasie wat druk op die regering wil plaas om die toenemende krisis aan te spreek.

Mans in blou uniforms van die paramilitêre polisie wat met gewere gewapen is, was Woensdag gesien op verskeie hoë bankhoofkwartiere se geboue.

Maandag het soldate amok gemaak toe hulle nie 'n salaris by die banke kon trek nie, vanweë 'n tekort aan kontant in die land wat veroorsaak word deur die ekonomiese ineenstorting.

Zimbabwe se staatskoerant het die minister van verdediging, Sydney Sekeramayi, aangehaal waar hy sê dat daar wegbreekelemente in die land is wat probeer om geweld teen die regering aan te blaas.

Hy het gesê Maandag se insident en die oproep om protes deur die unies laat 'n klomp vrae ontstaan en bygevoeg dat enige onwettige betogings nie verdra sal word nie.

Zimbabwe se uniekongresekretarisgeneraal, Wellington Chibebe, het aan Associated Press gesê dat hy en ten minste 7 ander arbeidsleiers Woensdag deur veiligheidsmagte aangekeer is en ure later weer vrygelaat is. Hy het gesê dat hulle gevra is om Donderdag met die polisie en die goewerneur van die sentrale bank te vergader.

Die VN het gesê dat sterftes as gevolg van die choleraepidemie gestyg het tot 565, met 12 546 mense wat die siekte onder lede het. Die regering het gesê daar is 473 cholerasterftes aangemeld sedert Augustus, en 'n totaal van 11 700 mense is besmet met siekte.

интернет магазин детской верхней одежды для девочеклобановский александр игоревич харьков

Regering se teenmisdaadstrategie is mislukking volgens verslag

Die regering se misdaadvoorkomingsstrategie het misluk omdat die regering nie die onderliggende oorsake van misdaad aanspreek nie, aldus 'n verslag van die Instituut vir Sekerheidstudies wat Woensdag vrygestel is.

Johan Burger, 'n senior navorser, het by 'n seminaar oor die staat se reaksie op misdaad gepraat, en het volgehou dat die strategie van die staat misluk het.

Hy het gesê dit was as gevolg van die feit dat die staat nie sosio-ekonomiese probleme soos werkloosheid, armoede, en die afwesigheid van voldoende sosiale dienste, wat beskou word as die grootste bedreiging vir nasionale sekuriteit, deel van die strategie gemaak het nie.

"Indien daar 'n nasionale bedreiging is, hoekom nie 'n nasionale strategie nie?" het Burger gesê.

"Dit wys dat die regering nie optree binne die terme van sy konstitusionele mandaat nie."

Hy het gesê die teleurstellende gebrek aan vertroue, toewyding en ondersteuning om die nasionale misdaadvoorkomingsveldtog (NMV) te implementeer was sy ondergang.

Hy het gesê dat terwyl daar 'n positiewe afwaartse neiging in misdaad was, was die daling in 2005/2006 kleiner as in 2002/2003. Dit laat geregverdigde kommer ontstaan oor hoekom dit afgeneem het, gesien in die lig dat die polisiemag gegroei het in getalle.

Hy het wel gesê dit is nie 'n vreemde verskynsel wat uniek is aan Suid-Afrika nie. "Dit is nie net die polisie se skuld nie, en hoe gouer ons dit besef hoe beter. Dit bewys ook dat net om meer polisie aan te stel nie die probleem gaan oplos nie."

Hy het gesê dat die polisie beweer dat die meeste moorde en sosiale kontakmisdade, wat wel afgeneem het maar steeds hoog bo die internasionale norm is, gepleeg word deur mense wat aan die slagoffers bekend is.

Volgens die polisie, gebeur 'n redelike groot hoeveelheid van die misdade in wonings, normaalweg buite bereik van konvensionele polisiëring.

"Dit impliseer dat die polisie baie min, indien enige iets, kan doen om dié spesifieke tipe misdaad te voorkom," het Burger in die verslag gesê.

Die uitfasering van kommando's het ook 'n groot sekuriteitsvakuum gelaat.

Senior navorser Henri Boshoff het gesê dit is kommerwekkend dat die kommando's toegemaak is op plekke waar daar amper geen plaasvervanger in plek was nie.

"Landelike gebiede veral is baie kwesbaar gelaat, gesien in die lig van die belangrike rol wat kommando's gespeel het in die veiligheid en landelike beskermingsplan, wat rondom kommando's gebou is, en vir alle praktiese doeleindes nou nutteloos is."

Hy het gesê dat in terme van die regering se beloftes om personeel te verhoog, het hulle oor die laaste 5 jaar sowat 30 000 mense aangestel.

"Vir sover dit ander aspekte van die vervangingsbeloftes betref, het die regering direk of indirek misluk om sy beloftes na te kom," het Boshoff gesê.

Hy het gesê dit is nie 'n geval van om weer die kommando's weer in te stel nie, maar sektorpolisiëring, wat indien dit reg toegepas word, die sekuriteitsgaping kan vul.

Grensbeheer was nog 'n voorbeeld van "totale mislukking".     

купить лежаки и сидения автомеханикаДанильченко Юрий Брониславович

SA man sterf in Rio aan hemorragiese koors

ImageDie departement van buitelandse sake sal die familie van 'n Suid-Afrikaanse man bystaan wat as gevolg van die arenavirus  in Rio de Janeiro gesterf het, het hulle Woensdagaand gesê.

Woordvoerder Ronnie Mamoepa het gesê die departement sal "enige hulp wat nodig is" aanbied aan die familie van die 53-jarige man. "Die Suid-Afrikaanse regering dra sy diepe meegevoel oor aan die familie en geliefdes van die oorledene, en sal die nodige konsulêre hulp verleen aan die familie in die tydperk van rou," het hy gesê.

'n Nadoodse ondersoek is gedoen om die oorsaak van dood te probeer vasstel.

AFP het vroeër berig dat die man Dinsdag aan hemorragiese koors oorlede is.

Hy het klaarblyklik op 25 November siek geword, twee dae nadat hy in Brasilië aangekom het vir konferensies.

AFP het berig dat die man simptome van koors, braking, bloed in sy urine en uitslae gehad het. Dokters het vermoed dat hy 'n arenavirus opgedoen het.

Die arenavirus is 'n groep hoogs aansteeklike virusse, wat tipies van knaagdiere na mense oorgedra word of deur die liggaamsvloeistowwe van mense wat dit onder lede het.

Hospitaalpersoneel wat die man behandel het, word nou gemonitor vir dié simptome.  

Die man se liggaam sal na verwagting na Suid-Afrika teruggestuur word in 'n geseëlde metaalkis, het AFP gesê.

Vier mense is reeds in die land oorlede aan 'n nuwe tipe arenavirus sedert Cecilia van Deventer van Zambië af na Suid-Afrika gevlieg is vir noodbehandeling in September.

Drie vorige besoeke aan mediese fasiliteite het nie daarin geslaag om vas te stel wat haar makeer het nie.

Ná haar dood het nog drie mense as gevolg van die virus gesterf, insluitend die paramedikus wat haar van Zambië af vergesel het, Hannes Elf, 'n verpleegster by die Morningside Medi Clinic, Gladys Mthembu en Maria Mokobung, 'n kontrak skoonmaker.

стола подвесной светильникФильчаков прокурор харькова

Amerikaanse motorverkope daal tot laagste vlakke sedert 1982

ImageAmerikaanse motorverkope het in November 37% gedaal tot die laagste vlak in 26 jaar en enige verwagtinge dat die swak jaar sy laagtepunt bereik het, gekelder. Dit het verdere ammunisie gegee vir die Detroit-voertuigvervaardigers se saak om te vra vir 'n verdere lening van die kongres om die industrie te red.

Elke groot motorvervaardiger in die VSA het gister 'n jaar-tot-jaardaling van meer as 30% in verkoopsyfers getoon. Die Detroit-motorvervaardigers is die ergste getref, met GM se Amerikaanse verkope wat 41% gedaal het en Chrysler wat 47% gedaal het.

Hulle oorsese teenstaanders het ook slegte resultate gehad. Toyota-verkope het met 34% gedaal, Nissan met 42% en Honda met 32%.

сканерДанильченео