Zimbabwe polisie storm betogende dokters

Onluspolisie het 'n groep dokters en verpleegsters gestorm wat protes aangeteken het oor Zimbabwe se groeiende ekonomiese en gesondheidskrisis, het ooggetuies Woensdag gesê nadat die sterftesyfer as gevolg van choleraepidemie gestyg het. Dié epidemie word op die verbrokkelende infrastruktuur blameer.

Die getuies het gesê die polisiebeamptes in Harare het die optog van dokters en verpleegsters, sommige in uniform, gestorm het, waarna hulle gevlug het.

'n Paar blokke weg het polisie onderwysers wat by dieselfde optog wou aansluit voorgekeer en ten minste 6 mense is in polisievoertuie weggeneem, volgens getuies wat nie hulle name genoem wil hê nie uit vrees vir vergelding.

Die unies sluit nou aan by 'n massaorganisasie wat druk op die regering wil plaas om die toenemende krisis aan te spreek.

Mans in blou uniforms van die paramilitêre polisie wat met gewere gewapen is, was Woensdag gesien op verskeie hoë bankhoofkwartiere se geboue.

Maandag het soldate amok gemaak toe hulle nie 'n salaris by die banke kon trek nie, vanweë 'n tekort aan kontant in die land wat veroorsaak word deur die ekonomiese ineenstorting.

Zimbabwe se staatskoerant het die minister van verdediging, Sydney Sekeramayi, aangehaal waar hy sê dat daar wegbreekelemente in die land is wat probeer om geweld teen die regering aan te blaas.

Hy het gesê Maandag se insident en die oproep om protes deur die unies laat 'n klomp vrae ontstaan en bygevoeg dat enige onwettige betogings nie verdra sal word nie.

Zimbabwe se uniekongresekretarisgeneraal, Wellington Chibebe, het aan Associated Press gesê dat hy en ten minste 7 ander arbeidsleiers Woensdag deur veiligheidsmagte aangekeer is en ure later weer vrygelaat is. Hy het gesê dat hulle gevra is om Donderdag met die polisie en die goewerneur van die sentrale bank te vergader.

Die VN het gesê dat sterftes as gevolg van die choleraepidemie gestyg het tot 565, met 12 546 mense wat die siekte onder lede het. Die regering het gesê daar is 473 cholerasterftes aangemeld sedert Augustus, en 'n totaal van 11 700 mense is besmet met siekte.

интернет магазин детской верхней одежды для девочеклобановский александр игоревич харьков