“As ons die prys op 30 dollar vasstel, sal ons van baie van ons ekonomiese projekte moet afsien,” het hy aan die plaaslike media gesê. “En ons moet dit op tussen 30 en 35 dollar vasstel want ons bepaal nie die internasionale markte nie.”
Hy het toegegee dat “oliepryse vir 'n aansienlike tyd laag sal bly” as gevolg van die wêreldwye resessie.
Iran, wat OPUL se tweede grootste produsent is, het 'n amptelike olieuitset van 4,2-miljoen vate per dag en helfte van die land se begroting berus op ruolieuitvoere.
Ahmadinejad het net verlede maand gespog dat sy regering op “'n vat olie met 'n prys tussen agt en vyf dollar” kan loop.
“Selfs as ons die punt bereik waar die vyand nie meer ons olie wil koop nie, kan ons steeds die land bestuur. Dank God, die fluktuasies in die olieprys sal geen uitwerking op die volgende begroting hê nie.”
Ahmadinejad het in 2005 die regering oorgeneem met 'n populistiese veldtog wat massiewe hoeveelhede olie-inkomste in plaaslike infrastruktuur ingepomp het en laerentelenings toegestaan het om werksgeleenthede te skep.
Hy is skerp gekritiseer deur ekonome wat meen die fokus is daarop geplaas om verbruikersbesteding aan te wakker eerder as om in plaaslike industrieë te belê en om vir die toekoms voorsiening te maak.
Die tuimeling van die olieprys kan Ahmadinejad duur te staan kom tydens die aanloop tot die presidensiële verkiesings wat vir Junie 2009 geskeduleer is.
