Genestudie toon Spanje se Joodse en Moslem voorgeslagte

ImageDie genetiese handtekeninge van mense in Spanje en Portugal toon nuwe en eksplisiete bewyse van die massaomskakelings van Sefardiese Jode en Moslems na Katolieke in die 15de en 16de eeue nadat Christenweermagte Spanje weer teruggewen het van Moslembeheer, het 'n span genetici gesê.

Twintig persent van die bevolking van die Iberiese skiereiland het Sefardiese Joodse voorouers en elf persent het DNS wat Moorse agtergrond toon, het die genetici gevind. Historici het gedebatteer oor hoeveel Jode gekersten is en hoeveel ballingskap gekies het. "Een kant het die hoeveelheid omskakelings baie erg onderskat," het Jane Gerber, 'n kenner in Sefardiese geskiedenis by die universiteit van New York gesê.

Die bevindings benadruk weereens twee verskillende beskouinge oor die Spaanse geskiedenis, het dr. Jonathan Ray, 'n professor in Joodse studies by Georgetown universiteit gesê. Een, voorgestel deur die 20ste eeuse historikus Claudio Sanchez-Albornoz, wat reken dat die Spaanse beskawing Katoliek is en ander invloede van die buiteland ingeneem het, en die ander beskouing sien Spanje as 'n land wat verryk is deur al drie sy historiese kulture, Katoliek, Joods en Moslem.

Die studie wat gebaseer is op analise van die Y-chromosome, is gedoen deur bioloë onder leiding van Mark Jobling van die universiteit van Leichester in Engeland en dr. Francesc Calafell van die Pompeu Fabra universiteit in Barcelona. Hulle het 'n Y-chromosoom handtekening ontwikkel vir Sefardiese mans deur Sefardies Joodse gemeenskappe te bestudeer in plekke waar Jode heen gemigreer het nadat hulle tussen 1492 en 1496 uit Spanje gesit is. Hulle het ook die Y-chromosome van Arabiere en die Berber weermag wat Spanje ingeval het in 711 nC ontleed uit data van mense wat in Marokko en die Westelike Sahara woon.

Na 'n tydperk van verdraagsaamheid onder die Arabiese Umayyad dinastie, het Spanje 'n tydperk ingegaan waar die Moslem Berber heersers Christene en Jode gedwing het om Islam te aanvaar, en die Christenoorwinnaars die Jode en Moslems daarna weer gedwing het om Christus te aanvaar of die land te verlaat. Die nuwe genetiese studie, het Donderdag aanlyn in die Amerikaanse Joernaal van Menslike genetika berig dat daar hoë vlakke van aanvaarding van 'n nuwe godsdiens was onder die Jode.  add up all the numbers on a roulette wheeltopcargo

Maak 'n opvolg-bydrae