Nuwe Rowlingboek betower kleinspan

Die supersterskrywer, JK Rowling, die skrywer van die Harry Potter-reeks, het haar eerste boek geskryf nadat sy die reeks oor die seun met die weerliglitteken afgesluit het.

“Tales of Beedle the Bard” (“Verhale van Beedle die Volksanger”) is gister wêreldwyd vrygestel. Boekwinkels regoor Brittanje het hulle deure vroeg oopgemaak sodat skoolkinders die geleentheid kon kry om 'n eksemplaar voor skool aan te skaf.

Die boek word in die sewende en laaste uitgawe van die Harry Potter-reeks genoem. Daarin gee die skoolhoof die bundel sprokies aan Harry se vriendin, Hermione Grainger. Die jong towenaar gebruik dit later om sy aartsvyand, Voldemort, te verslaan.

Rowling het die boek oorspronklik met die hand geskryf en ses manuskripte aan uitgesoekte vriende geskenk. Sy het die boek self geïllustreer. Die sewende eksemplaar is op 'n veiling vir R28,000,000-00 aan die internetboekwinkel Amazon verkoop.

Die boek het reeds oorvloedige lof van lesers ontvang, met Rowlingaanhangers wat sê hulle is verlig dat die boek hulle verwagtinge oortref het.

Die boek het 'n drukoplaag van 7,5 miljoen eksemplare en is in 10 tale in meer as 20 lande vrygestel.

Rowling is die eerste skrywer ooit om meer as 'n miljard dollar met boeke te verdien.

автоматическое управление насосной станциейДанильченко