Moslempelgrims stenig Satan by die hadj

Honderde duisende Moslempelgrims het saamgedrom in 'n vallei naby die Saudi-heilige stad, Mina, vir die steniging van Satan, die laaste en gevaarlikste rite tydens die jaarlikse hadj.

Honderde mense is doodgetrap in stormlope wat verskeie vorige pelgrimstogte na Islam se heiligste terreine ontsier toe Moslemgelowiges gestorm het om klippe na die massiewe pilare wat die duiwel voorstel, te werp.

Om die ritueel te voltooi, moet die pelgrim een-en-twintig klippies teen elk van die drie 25-meter hoë pilare gooi en hierdie jaar word die pelgrims toegerus met klippies in voorverpakte sakkies. Dit sal hulle die moeite spaar om te soek vir klippies.

Tot dusver van jaar is geen ernstige insidente aangemeld nie, alhoewel 'n rekordgetal pelgrims van die buiteland af na die heilige terreine gereis het, met 'n totaal van amper twee-en-'n-halfmiljoen aanbidders.

'n Groot veiligheidsmag hou die aanbidders wat koers kry vir die steniging. Dit vind plaas na die slag van skape in 'n ritueel vir die Offerfees (Eid al-Adha) om Abraham se gewilligheid om sy seun op God se bevel te slag, in herinnering te roep.

Die meeste pelgrims het nie self 'n dier geslag nie, maar het eerder koepons gekoop wat die Saoedie-owerhede dan in die gedaante van hulp aan arm Moslems in ander lande deurstuur.

Die Saoedi koning, Abdoella, en sy broer, die kroonprins Sultan, het 'n gesamentlike boodskap aan die pelgrims gestuur.

“Deur die rituele van die hadj uit te voer, vul hulle die wêreld, om die waarheid te sê, die hele wêreld met genade, verdraagsaamheid, meegevoel en vrede, en hulle bevorder die waardes van waarheid, goedheid en integriteit terwyl hulle van hulle afkeure en vyandigheid ontslae raak,” het hulle gesê.

Na die stenigingritueel, gaan die pelgrims na Mekka se Groot Moskee vir 'n vaarwelbesoek aan die Kaaba, die kubusvorm struktuur waarin die Swart Steen, Islam se mees heilige aandenking, aangebring is.

освещение магазинаФильчаков Харьков

Motlanthe s? dis ‘onlogies’ dat vervolgingshoof sy werk terugkry

Image

Motlanthe

Dit is onlogies dat die geskorste hoof van vervolginge, Vusi Pikoli, na sy amp moet terugkeer, het President Kgalema Motlanthe vandag gesê.

“Dit is onlogies,” het Motlanthe vandag aan verslaggewers tydens 'n voorligtingsessie gesê.

Dit was nadat die Ginwala Kommissie – wat opgerig is om Pikoli se geskiktheid vir die amp te ondersoke – opgemerk het dat die regering nie in sy voorleggings daarin kon slaag om die teendeel te bewys nie.

“Die aantyging is nie bewys nie,” het die verslag wat na die ondersoek saamgestel is, aangevoer.

Die ondersoek het ook gevind dat daar nie 'n saak uit te maak is dat die verhouding tussen die toenmalige minister van justisie, Brigitte Mabandla, en Pikoli verbrokkel het nie. Dít is as rede deur voormalige president, Thabo Mbeki, aangevoer vir sy ontslag van Pikoli. Daar is wel bevind dat die wisselwerking tussen hulle benadeel is deur misverstande oor hulle onderskeie pligte en verantwoordelikhede ten opsigte van die vervolgingsgesag.

Die verslag het bevind dat Pikoli na sy amp kan terugkeer.

“Ek het gevind dat die regering nie daarin geslaag het om baie van hierdie aantygings teen Advokaat Pikoli te bewys nie en ook nie kon demonstreer dat Advokaat Pikoli nie geskik is om langer die amp as Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings te beklee nie.

Die redes wat deur die regering vir die skorsing aangevoer is, kon nie voor hierdie ondersoek bewys word nie,” het die ondersoekvoorsitster Frene Ginwala in die verslag aangedui.

Motlanthe het egter gesê dat hy tot die besluit gekom het dat Pikoli van sy pligte onthef moet word en het daarna verwys dat Pikoli nie voldoende aandag aan nasionale sekuriteit geskenk het nie.

instagram promotionsАлександр Фильчаков Васильевич

Olieprys styg vanaf vierjaarlaagtepunt

Oliepryse het Maandag in Asië van 'n vierjaarlaagtepunt af gestyg tot bokant $43 'n vat, nadat OPUL se president aangekondig het dat die groep beleggers kan verras met 'n groot verlaging in olieproduksie later vandeesmaand.

Ligte ru-olie vir Januarie was met $2,45 per vat op na $43,26 in elektroniese handel op die New York Merchantile Exchange teen laat middag in Singapoer. Die kontrakprys het Vrydag gedaal met amper $3 om op $40,81 vas te steek.

Pryse het so laag soos $40,50 gedaal, vlakke wat in Desember 2004 laas gesien is. Chakib Khelil, president van OPUL het Saterdag gesê dat die groep 'n baie groot verlaging in produksiekwotas kan aankondig met hulle volgende vergadering op 17 Desember in Algerië.  

для банилобановский александр компромат

Immigrante in Brittanje moet nou langer wag vir behuising en ander voordele

Image

Immigrantebetoging op Trafalgarplein

Immigrante sal tot 10 jaar lank moet wag om Britse voordele en staatsbehuising te kan kry volgens die taaiste wetgewing nog in dekades, is gisteraand afgekondig.

Alle wettige immigrante sal 'n 5 jaar-"proefburgerskap" moet deurgaan voordat hulle vir paspoorte oorweeg sal word, het die minister van immigrasie, Phil Woolas, gesê.

Dié wat hard werk, wetsgehoorsaam is en vrywilligerwerk doen sal ná twee jaar vir voordele oorweeg word.

Die ander sal die volle 5 jaar moet wag voordat hulle voordele kan eis.

Dit geskiedn in 'n poging om immigrante te ontmoedig wat Brittanje as 'n maklik teiken sien om welsynsvoordele te bekom. 

beyond polus или zoomОлександр Васильович Фільчаков

Pakistan arresteer beplanner van Moembaaiterreur

Een van die verdagte beplanners van verlede maand se aanvalle deur gewapende mans in Moembaai is deur Pakistani sekerheidsmagte gearresteer ná 'n aanval op 'n militêre kamp, het 'n beampte gesê wat welsynskakels met die groep handhaaf Maandag gesê.

Die Jamaat-ud-Dawa (JuD)-beampte, wat anoniem wou bly vanweë die sensitiewe aard van die onderwerp het gesê dat Zaki-ur-Rehman Lakhvi in hegtenis geneem is ná Sondag se aanval op die kamp wat deur Lashkar-e-Taiba-vegters buite Muzaffarabad, die hoofstad van Pakistani Kasjmir, uitgevoer is.

"Ja, Lakhvi is een van die vier of vyf mans wat gearresteer is in die aanval gister," het die beampte, wie se JUD-welsynsorganisasie beskou word as 'n front vir die gevreesde militante groep, gesê.

Pakistani-inligtingsoffisiere het gesê dat ses mans gearresteer is, maar het geen name genoem nie. Daar was ook geen amptelike bevestiging van die aanval nie. 

гипсовая лепнина спбОлександр Васильович Фільчаков

W?reldmarkte styg n? regeringstimulus

Wêreldmarkte het Maandag herstel ná Sjinese beamptes nuwe maatreëls ingestel het om groei aan te moedig en verkose president Barack Obama gesê het dat die wêreld se grootste ekonomie homself uit die resessie gaan bestee.

Hong Kong se Hang Seng-indeks het met 1 198,17 punte, of 8,7% gestyg tot 15,044.87 : die hoogste sluitingsvlak in sewe weke en Japan se Nikkei 225 het met 411,54 punte, 5,2% gestyf tot 8 329,05.

Groot Europese markte het gestyg tydens die opening met Brittanje se FTSE-100 wat 5,5% geklim het tot 4 272,42, Duitsland se DAX  het 6,4% gestyf tot 4 661,19 en Frankryk se CAC-40 wat 6,8% toegeneem het in waarde tot op 3 191,34.

Soos hulle kollegas in Amerika Vrydag gemaak het, het Asiese en Europese beleggers nuus dat Amerikaanse werkgewers  533 000 poste gaan verminder in November, die meeste in 34 jaar, geïgnoreer. In plaas daarvan het beleggers moed geskep uit tekens dat die wêreld se grootste ekonomieë meer moeite doen om ekonomiese groei aan te help.

лестницу вФільчаков прокурор

Kabinet keur uitgebreide databasis goed

Die kabinet het die groen lig gegee vir voorgestelde veranderinge aan die wet om polisie toe te laat om toegang tot databasisse te kry wat vingerafdrukke van miljoene burgers en buitelanders bevat. Dit is gemik op die verbetering van hulle vermoë om verdagtes op te spoor en die vervolgingsyfers te verbeter.

Die konsep van die Strafregwysigingswet (Forensiese prosedures) sal na verwagting vroeg aanstaande jaar in die parlement ter tafel gelê word, het die woordvoerder vir die Justisiedepartement Zolile Nqayi, gesê.

Die konsepwet sal ook aan die SAPD verhoogde magte gee om vingerafdrukke en "biometriese materiaal" te kan neem en stoor, en sal ook die daarstelling van 'n DNS-databasis as teenmisdaadinstrument ondersteun.

Die regering sal ook toegang hê tot die databasis van die bestuurslisensies, wat aan hulle ongekende beheer oor misdadigers en landsburgers sal gee.

справка о болезнилобановский александр жена

Suid-Afrika se internetgebruik groei

Die aantal internetgebruikers in Suid-Afrika het teen die vinnigste koers sedert 2001 gegroei, dui 'n studie aan wat Donderdag vrygestel is.

Die internetgebruikersbasis het hierdie jaar met 12,5% toegeneem en staan tans op 4,5 miljoen mense, aldus 'n studie wat vrygestel is deur World Wide Worx met die ondersteuning van Cisco Systems.

“ Groei het hoofsaaklik op die rug van dramatiese aanbiedinge van breëband deur kleinbesighede plaasgevind, wat op hulle eie vir amper helfte die groei in die mark verantwoordelik was,” het Arthur Goldstuck, die hoof van World Wide Worx in 'n verklaring gesê.

Die verskuiwing het gekom in die konteks van alle internetgebruikers wat inskakelinternetverbindings, wat telefoonlyne gebruik, laat staan het ter wille van vinniger breëbandverbindings.

Die studie volg op 'n onlangse besluit deur die Minister van Kommunikasie, Ivy Matsepe-Casaburri, om nie te appelleer teen 'n hofbeslissing wat Waardetoevoegingsnetwerkdienste (WTND’s) toelaat om hulle eie netwerke op te rig nie.

WTND’s moes voorheen aansoek doen vir individuele lisensies van die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika.

Reshaad Ahmed, 'n seniorbestuurder by Cisco, sê in 'n verklaring: “Ons glo die verandering sal tot voldoende vlakke van kompetisie lei, wat toegang tot internetgebruik sal verhoog en sodoende wêreldwye kompeterendheid en ekonomiese diversiteit sal verhoog.”

Hy het gespekuleer dat Suid-Afrika 'n algehele ontploffing van internetdiensverskaffers gedurende die volgende jaar kan sien.

In sameloop hiermee sal nuwe ondersese kabels wat meer internetverbindings kan verskaf, na wat beplan word, in die middel van 2009 in werking kom.

Een kabel, die Seacom, sal Suid-Afrika se internasionale bandwydte veertigvoudig verhoog, sê World Wide Worx.

для баниДанильченко

Beroemde juweliers in Parys beroof

ImageDrie gewapende mans het by 'n welbekende juweliersfirma in die hart van Parys ingebreek en met juwele en ander handelsware van meer as R650-miljoen weggekom, het Franse media vandag berig.
Die roof het gistermiddag laat by die Harry Winston Juweliers in die uitgelese Avenue Montaigne plaasgevind. Die rowers, wat na bewering die name van sekere van die winkelpersoneel geken het, het al die handelsware wat in die winkelvensters en vertoonkaste uitgestal was, gevat.

Indien die waarde van die buit bevestig word, sal dit een van die grootste suksesvolle juweelrooftogte van alle tye wees.

Harry Winston is een van die wêreld se beroemdste juweliers. Hy het die befaamde tiara ontwerp wat deur die Keiserin Farah Diba tydens haar troue met Sjah Mohammed Reza van Iran gedra is. Hy het ook die beroemde peervormige diamant van amper 70 karaat geslyp wat die akteur Richard Burton vir sy vrou Elizabeth Taylor met haar 40ste verjaarsdag gekoop het.

Bykans 'n jaar gelede tot op die dag, op die 6de Desember 2007, het rowers by dieselfde winkel in Parys ingebreek en amper R130-miljoen se juwele gesteel.

освобождение от физкультурыФильчаков

Russiese oorlogskip gaan deur Panamakanaal

Image

Die Admiraal Tsjabanenko

'n Russiese oorlogskip is reg om Vrydag deur die Panamakanaal te vaar vir die eerste keer sedert die 2de Wêreldoorlog in 'n simboliese uitdaging teenoor die Amerikaanse invloed in die gebied.

Die groot anti-duikbootvaartuig, Admiraal Tsjabanenko, is geskeduleer om die waterweg tussen die Atlantiese- en Stille-oseaan deur te gaan êrens tussen Vrydagaand en Saterdagoggend, het die Russiese ambassade in Panama Donderdag gesê.

Die enigste keer wat so iets plaasgevind het, was in 1944 gedurende die 2d wêreldoorlog, toe vier Russiese duikbote deur die kanaal gevaar het, het die ambassade in 'n verklaring gesê.

Op daardie tydstip, toe die kanaal onder Amerikaanse beheer was, was Rusland en Amerika geallieerd in die teen-Nazikoalisie, het die ambassade bygevoeg.

Die geskeduleerde vaart deur die kanaal kom nadat die Russiese oorlogskepe Dinsdag twee dae se geskeduleerde oefeninge saam met die Venezualaanse vloot gedoen het.

Die aankoms van die Russiese skepe op uitnodiging van Venezuela word beskou as 'n uitdaging van Amerika se mag in Latyns-Amerika.

Rusland het ontken dat die oefening gemik is op enige "derde lande."

Moskou het die oefening aangekondig nadat president George W. Bush vlootvaartuie gestuur het na Georgië gedurende die Georgies-Russiese konflik in Augustus, wat die Kremlin kwaad gemaak het. Washington het gesê die oorlogskepe het humanitêre hulpvoorraad aan boord gehad.

Nadat die Russiese skip deur die kanaal gevaar het, sal die skip met sy 451 bemanningslede in Panama aanbly tot 11 Desember, by wat voorheen 'n Amerikaanse basis was.

Panama se minister van buitelandse sake, Samuel Lewis Navarro, het Donderdag gesê dat "soos ons almal weet is die Panamakanaal oop vir alle skepe ter wêreld," en so die kanaal se neutrale status weer bevestig.

Die Admiraal Tsjabanenko, wat 169 meter lank is en ingespan word teen seerowery en internasionale terrorisme, is deel van Rusland se noordelike vloot.

влагоотделитель для компрессораАлександр Фильчаков