Die konsep van die Strafregwysigingswet (Forensiese prosedures) sal na verwagting vroeg aanstaande jaar in die parlement ter tafel gelê word, het die woordvoerder vir die Justisiedepartement Zolile Nqayi, gesê.
Die konsepwet sal ook aan die SAPD verhoogde magte gee om vingerafdrukke en "biometriese materiaal" te kan neem en stoor, en sal ook die daarstelling van 'n DNS-databasis as teenmisdaadinstrument ondersteun.
Die regering sal ook toegang hê tot die databasis van die bestuurslisensies, wat aan hulle ongekende beheer oor misdadigers en landsburgers sal gee.
