Sjina se verhoudinge met Frankryk was maar baie stram ná die uitvalle in April oor die Tibetaangeleentheid, toe pro-Tibettaanse betogers in massas in die strate van Parys byeengekom het toe die Olimpiese vlam op die roete deur die stad geneem is.
Sommige Sjinese het gevra vir 'n boikot op Franse produkte, maar dit is grootliks geïgnoreer.
Sarkozy het die Dalai Lama Saterdag in Gdansk, Pole ontmoet, gedurende vieringe om die voormalige Poolse president Lech Walensa se Nobelvredesprys se 25ste herdenking te vier.
Die Dalai Lama het ook die prys ontvang.
Sarkozy het vroeër die hele saak afgemaak en gesê "daar is geen rede om so 'n drama van die kwessie te maak nie."
