praag.co.za

Nuwe selfoonbetaalstelsel op pad vir Suid-Afrika

Written by

in

Suid-Afrikaanse selfoonbetaaldiensverskaffer POCit het te voorskyn gekom met 'n voorloper in selfoonbetalingstegnologie en om skelms te flous. ImageHulle noem dit POCitMoney, 'n bedrieglik eenvoudige, heeltemal veilige manier om sake te doen. Dit is gemaklik om te gebruik, heeltemal bestand teen diewe en skep nuwe gerief vir vakansiegangers en kopers.

POCit is 'n filiaal van 'n groot inligtingstegnologiemaatskappy, Tradebridge en word deur Capitech Bank ondersteun. Capitech is die vinnigste groeiende bank in Suid-Afrika.

Betalings deur POCit kos slegs 30 sent per transaksie teenoor 'n minimum van R2,00 vir internetbetalings, en ten minste R5,00 om geld by 'n OTM te trek of omtrent R7,00 vir onttrekkings by die teller in die banke.

In 'n tyd waar krakers meer van 'n bedreiging word vir internetbanksake, en kaartskillery, OTM-bomme en bedrog verder probleme skep, is selfoonbankdienste die veiligste. Sover is daar geen getuienis dat daar ingebreek is op selfoonbankdienste of bedrog gepleeg is daarop nie, het Vodacom gesê.

POCit kan op enige selfoon met 'n kleurskerm gebruik word, en op enige netwerk.

POCit kan geld stuur of ontvang van enige bank en al wat die betaler nodig het, is die selfoonnommer van die ontvanger. Verder het POCit ook nie 'n spesiale simkaart nodig nie.

 

купить тамбов опциидляподъемниковалександр лобановский харьков

Comments

Leave a Reply