“ Groei het hoofsaaklik op die rug van dramatiese aanbiedinge van breëband deur kleinbesighede plaasgevind, wat op hulle eie vir amper helfte die groei in die mark verantwoordelik was,” het Arthur Goldstuck, die hoof van World Wide Worx in 'n verklaring gesê.
Die verskuiwing het gekom in die konteks van alle internetgebruikers wat inskakelinternetverbindings, wat telefoonlyne gebruik, laat staan het ter wille van vinniger breëbandverbindings.
Die studie volg op 'n onlangse besluit deur die Minister van Kommunikasie, Ivy Matsepe-Casaburri, om nie te appelleer teen 'n hofbeslissing wat Waardetoevoegingsnetwerkdienste (WTND’s) toelaat om hulle eie netwerke op te rig nie.
WTND’s moes voorheen aansoek doen vir individuele lisensies van die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika.
Reshaad Ahmed, 'n seniorbestuurder by Cisco, sê in 'n verklaring: “Ons glo die verandering sal tot voldoende vlakke van kompetisie lei, wat toegang tot internetgebruik sal verhoog en sodoende wêreldwye kompeterendheid en ekonomiese diversiteit sal verhoog.”
Hy het gespekuleer dat Suid-Afrika 'n algehele ontploffing van internetdiensverskaffers gedurende die volgende jaar kan sien.
In sameloop hiermee sal nuwe ondersese kabels wat meer internetverbindings kan verskaf, na wat beplan word, in die middel van 2009 in werking kom.
Een kabel, die Seacom, sal Suid-Afrika se internasionale bandwydte veertigvoudig verhoog, sê World Wide Worx.
