Immigrante in Brittanje moet nou langer wag vir behuising en ander voordele

Image

Immigrantebetoging op Trafalgarplein

Immigrante sal tot 10 jaar lank moet wag om Britse voordele en staatsbehuising te kan kry volgens die taaiste wetgewing nog in dekades, is gisteraand afgekondig.

Alle wettige immigrante sal 'n 5 jaar-"proefburgerskap" moet deurgaan voordat hulle vir paspoorte oorweeg sal word, het die minister van immigrasie, Phil Woolas, gesê.

Dié wat hard werk, wetsgehoorsaam is en vrywilligerwerk doen sal ná twee jaar vir voordele oorweeg word.

Die ander sal die volle 5 jaar moet wag voordat hulle voordele kan eis.

Dit geskiedn in 'n poging om immigrante te ontmoedig wat Brittanje as 'n maklik teiken sien om welsynsvoordele te bekom. 

beyond polus или zoomОлександр Васильович Фільчаков

Maak 'n opvolg-bydrae