Olieprys styg vanaf vierjaarlaagtepunt

Oliepryse het Maandag in Asië van 'n vierjaarlaagtepunt af gestyg tot bokant $43 'n vat, nadat OPUL se president aangekondig het dat die groep beleggers kan verras met 'n groot verlaging in olieproduksie later vandeesmaand.

Ligte ru-olie vir Januarie was met $2,45 per vat op na $43,26 in elektroniese handel op die New York Merchantile Exchange teen laat middag in Singapoer. Die kontrakprys het Vrydag gedaal met amper $3 om op $40,81 vas te steek.

Pryse het so laag soos $40,50 gedaal, vlakke wat in Desember 2004 laas gesien is. Chakib Khelil, president van OPUL het Saterdag gesê dat die groep 'n baie groot verlaging in produksiekwotas kan aankondig met hulle volgende vergadering op 17 Desember in Algerië.  

для банилобановский александр компромат

Maak 'n opvolg-bydrae