Motlanthe s? dis ‘onlogies’ dat vervolgingshoof sy werk terugkry

Image

Motlanthe

Dit is onlogies dat die geskorste hoof van vervolginge, Vusi Pikoli, na sy amp moet terugkeer, het President Kgalema Motlanthe vandag gesê.

“Dit is onlogies,” het Motlanthe vandag aan verslaggewers tydens 'n voorligtingsessie gesê.

Dit was nadat die Ginwala Kommissie – wat opgerig is om Pikoli se geskiktheid vir die amp te ondersoke – opgemerk het dat die regering nie in sy voorleggings daarin kon slaag om die teendeel te bewys nie.

“Die aantyging is nie bewys nie,” het die verslag wat na die ondersoek saamgestel is, aangevoer.

Die ondersoek het ook gevind dat daar nie 'n saak uit te maak is dat die verhouding tussen die toenmalige minister van justisie, Brigitte Mabandla, en Pikoli verbrokkel het nie. Dít is as rede deur voormalige president, Thabo Mbeki, aangevoer vir sy ontslag van Pikoli. Daar is wel bevind dat die wisselwerking tussen hulle benadeel is deur misverstande oor hulle onderskeie pligte en verantwoordelikhede ten opsigte van die vervolgingsgesag.

Die verslag het bevind dat Pikoli na sy amp kan terugkeer.

“Ek het gevind dat die regering nie daarin geslaag het om baie van hierdie aantygings teen Advokaat Pikoli te bewys nie en ook nie kon demonstreer dat Advokaat Pikoli nie geskik is om langer die amp as Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings te beklee nie.

Die redes wat deur die regering vir die skorsing aangevoer is, kon nie voor hierdie ondersoek bewys word nie,” het die ondersoekvoorsitster Frene Ginwala in die verslag aangedui.

Motlanthe het egter gesê dat hy tot die besluit gekom het dat Pikoli van sy pligte onthef moet word en het daarna verwys dat Pikoli nie voldoende aandag aan nasionale sekuriteit geskenk het nie.

instagram promotionsАлександр Фильчаков Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae