Beroemde juweliers in Parys beroof

ImageDrie gewapende mans het by 'n welbekende juweliersfirma in die hart van Parys ingebreek en met juwele en ander handelsware van meer as R650-miljoen weggekom, het Franse media vandag berig.
Die roof het gistermiddag laat by die Harry Winston Juweliers in die uitgelese Avenue Montaigne plaasgevind. Die rowers, wat na bewering die name van sekere van die winkelpersoneel geken het, het al die handelsware wat in die winkelvensters en vertoonkaste uitgestal was, gevat.

Indien die waarde van die buit bevestig word, sal dit een van die grootste suksesvolle juweelrooftogte van alle tye wees.

Harry Winston is een van die wêreld se beroemdste juweliers. Hy het die befaamde tiara ontwerp wat deur die Keiserin Farah Diba tydens haar troue met Sjah Mohammed Reza van Iran gedra is. Hy het ook die beroemde peervormige diamant van amper 70 karaat geslyp wat die akteur Richard Burton vir sy vrou Elizabeth Taylor met haar 40ste verjaarsdag gekoop het.

Bykans 'n jaar gelede tot op die dag, op die 6de Desember 2007, het rowers by dieselfde winkel in Parys ingebreek en amper R130-miljoen se juwele gesteel.

освобождение от физкультурыФильчаков