Globale krisis gaan SA banke raak

ImageDie huidige globale finansiële krisis gaan 'n impak hê op die banksektor, het die Bankvereniging van Suid-Afrika (BVSA) gesê.

"Alhoewel mens tog 'n uitwerking gaan sien, is die banksektor fundamenteel gesond," het BVSA se besturende direkteur, Cas Coovadia, gesê.

"Ons glo dat daar toepaslike regulasies in die sektor is, en dat die nalatenskap van wisselkoersbeheer en die geleidelike uitfasering daarvan ons in 'n mate beskerm."

Hy het gesê dat daar erge skuld in die sektor gaan wees volgende jaar, maar dat BVSA saam met die wyer kredietindustrie sal werk.

"Die fokus gaan wees op herstrukturering eerder as om sake in die regstelsel in te druk, en ons hoop dat mense ons halfpad sal ontmoet."

Coovadia het gesê dat slegte skuld steeds redelik min is.

In die eerste ses maande van 2008 het Standard bank slegte skuld van 1,27% gehad, Absa 0,93% en Nedbank 0,96%.

Coovadia het gesê die land se banke is goed gekapitaliseer en hulle finansiering is sterk. Die vier grootste banke het totale bates in die buiteland ter waarde van R600 miljard. Blootstelling aan subprimaportefeuljes was minimaal, het hy gesê.

потолочную люструФильчаков прокурор

Suid-Afrika gaan nie grensbeheer toepas nie

Suid-Afrika gaan nie grensbeheer verskerp nie, ten spyte van die groot hoeveelheid onwettige immigrante wat die land binnekom, het die minister van binnelandse sake, Nosiviwe Mapisa-Nqakula Dinsdag gesê.

"Ekonomiese migrante sal altyd 'n manier vind om in gebiede in te beweeg waar hulle nie behoort te wees nie," het sy aan verslaggewers gesê. "Mens sal dit nie kan voorkom nie."

Die ergste ding wat Suid-Afrika kan doen "is om terug te gaan na die verlede waar elektriese heinings mense se beweging beperk het".

Sy het gepraat by 'n mediakongres oor immigrasielogistiek vir die 2010 Fifa-wêreldbekersokker, en hoe Afrikalande geakkommodeer sal word vir die gebeurtenis.

Met verwysing na Beitbrug, Suid-Afrika se grenspos met Zimbabwe, het sy gesê dat dit oorspronklik bedoel is as 'n plek wat baie min beweging tussen Suid-Afrika en die res van Afrika sal toelaat.

"Maar ons praat van die vrye beweging van mense," het sy gesê.

Strenger grensbeheer sal "eintlik onwettige immigrante aanmoedig".

"Ons klem is op die fasilitering van beweging in plaas van strenger grensbeheer, dan weet mens wie in die land inkom en wat hulle doen."

Daar is geen amptelike syfers beskikbaar oor die hoeveelheid onwettige immigrante in Suid-Afrika nie, maar sommige skattings plaas dit so hoog as 10 miljoen mense, 'n situasie wat vererger word deur die sosio-ekonomiese en politieke krisis in Zimbabwe.    

accessories weddingФільчаков Олександр Васильович

Sangoma in hof oor verkragting

'n Sangoma sal na verwagting Woensdag in die landdroshof op Sebokeng verskyn vir verkragting, het die Gautengpolisie gesê.

Die 39-jarige man het na bewering 'n 22-jarige vrou by sy huis in Ennerdale, suid van Johannseburg verkrag, waarna hy beweer het dat hy 'n bose gees uit haar wou verdryf, het konstabel Edwin Ntsheo Dinsdag gesê.

Die sangoma het na bewering Saterdag na die vrou se huis gegaan waar hy na haar broer gesoek het. Haar broer was nie op daardie stadium by die huis nie, en hy het haar gevra om hom te vergesel om kruie vir haar broer te kom haal by sy huis.

Onderweg na sy huis het die sangoma haar vertel dat sy 'n bose gees (tokkelossie) in haar het en dat hy daarvan sal moet ontslae raak.

Die sangoma het haar gesê om haar klere uit te trek en op haar rug te gaan lê sodat hy haar kan "skoonmaak" omdat die tokkelossie sterk is. Daarna het hy haar verkrag.

Die sangoma is Maandagoggend gearresteer nadat die vrou 'n saak van verkragting Sondag teen hom aanhangig gemaak het.  

куклы барбілобановский александр фото

Turton verlaat die WNNR

Die geskorsde waternavorser, Anthony Turton is nie meer in diens van die Wetenskaplike Nywerheidsnavorsingsraad nie, het die twee partye Maandag gesê.

"Die WNNR en dr. Turton het saamgestem in 'n vertroulike ooreenkoms dat die dienskontrak tussen hulle met ingang van 8 Desember beëindig word," het die gesamentlike verklaring gelui.

"Die ooreenkoms is afgehandel sonder enige erkenning van verantwoordelikheid deur enige party en die partye wens mekaar die beste toe in hulle onderskeie toekomsplanne."

Die besluit is in Pretoria geneem.

Turton is geskors in November nadat die WNNR hom gestop het om 'n toespraak te lewer oor die kwaliteit van Suid-Afrika se water by 'n konferensie.

Die WNNR se hoof, Sibusiso Sibisi, het gesê dat Turton se toespraak op daardie stadium onttrek is, omdat dit wesenlik verskil het van die geskrewe dokument wat voorheen bekendgemaak is.

Die WNNR se uitvoerende raad het dit as ontoepaslik beskou as gevolg van grafiese beelde en die swak demonstrasie van skakels tussen oorsaak en gevolg.

Die organisasie het ook gesê dat die navorser geskors is oor opmerkings wat hy aan die media gemaak het.

Turton het aan SAPA gesê dat hy op daardie stadium die "olyftak" aan die WNNR uitgehou het. Hy het gesê dit is nie korrek dat hy sy voorlegging aan die media uitgelek het voor die konferensie nie.

Hy het die dokument as 'n nie-kontroversiële konsensusposisie beoog, en dit was die rede waarom hy dit voor die tyd aan 'n groot klomp wetenskaplikes, NRO's en regeringsdepartemente gestuur het. 

тамбов автохимияФільчаков прокурор

Neute kan hartsiektes verminder

Image

Okkerneute

Indien mens elke dag 'n handvol neute eet vir 'n jaar lank, en 'n Mediterreense dieet wat ryk is in vrugte, groente en vis, kan dit help om 'n greop risiko's vir hartsiektes te verminder.

Spaanse navorsers het bevind dat dit beter werk om neute in kos te sit as om die kos met olyfolie te besprinkel, soos wat baie in Mediterreense diëte gedoen word. Beide metodes help om hartrisiko's, bekend as metaboliese sindroom, te verminder in meer mense as wat 'n lae-vetdieet doen.

"Wat baie verrassend is, is dat hulle substansiële metaboliese voordele gevind het in vermindering van kalorieë en gewigsverlies," het dr. JoAnn Manson, hoof van voorkomende medisyne by Harvard se Brigham en Vrouehospitaal gesê.

In die studie, wat Maandag verskyn het in die Archives of Internal Medicine, is die mense wat die meeste verbeter het aangesê om ongeveer drie okkerneute, sewe of agt haselneute of sewe of agt heel amandels te eet. Hulle het nie gewig verloor nie, maar meer van hulle was suksesvol daarmee om maagvet te verloor en hulle cholesterol- en bloeddrukvlakke te verbeter.

lots of slotsОлександр Васильович Фільчаков

Swart moordenaar gestuur vir waarneming

'n Swart lugmagkandidaatoffisier wat na bewering een van sy blanke eksaminators  in 'n rassevoorval doodgeskiet het en 'n ander een gewond het, gaan vir sielkundige evaluering gestuur word.

Waarnemende regter Peter Mabuse, by die Pretoriahooggeregshof het Maandag Samuel Mandla Madonsela, 38, se saak tot 9 Februarie volgende jaar uitgestel. Dit is gedoen sodat Madonsela toegelaat kan word tot Weskoppieshospitaal in Pretoria vir sielkundige waarneming.

Staatsaanklaer Corlie Bouwer het aan die hof gesê  dat daar tans geen beddens by Weskoppies beskikbaar is nie, en dat daar eintlik 'n waglys is vir aangeklaagdes bestaan wat vir waarneming verwys is.

Sy het ook gesê dat dit moeilik is om 'n paneel van sielkundiges saam te stel, aangesien sommige sielkundiges gekla het dat hulle in die verlede nie betaal is vir hulle dienste nie.

Madonsela word daarvan beskuldig dat hy luitenantkolonel Authon Dominic Stevens vermoor het en luitenant kolonel Izak Karan ernstig gewond het toe hy November verlede jaar op 'n skiettog gegaan het by die Voortrekkerhoogte-lugmagbasis in Pretoria.

Dié insident het plaasgevind net nadat hy aangesê is om die perseel te verlaat nadat hy 'n offisierskursus twee keer gedruip het.

Madonsela was in diens by die menslikehulpbronnedepartement by die lugmagbasis en is vroeër borgtog van R5000 toegestaan.

Hy staar klagte van moord en poging tot moord in die gesig, maar is nog nie gevra om te pleit nie.

Madonsela, wat voorheen 'n lid van Umkontho we Sizwe was, het vroeër in 'n verklaring voor die landdros hof gesê dat hy aan die ontvangkant was van rassistiese opmerkings by die kollege.

Hy het gesê dat daar 'n hewige argument en fisiese geweld was, maar dat hy nie bedoel het om enige iemand te vermoor nie.керамические брекеты с прозрачной дугойДанильченко Харьков

Hogan lei ondersoek ter plaatse na cholera

Die minister van gesondheid, Barbara Hogan, gaan 'n span kenners lei om die cholera uitbraak in Limpopo te ondersoek, het die departement Maandag gesê.

Die uitbraak, wat sover 8 lewens geëis het, was grootliks tot sekere dele van Limpopo beperk.

Hogan gaan saam met amptenare van NRO's, WHO en die nasionale instituut vir aansteeklike siektes die Musina- en Madimbo-gebiede Dinsdag besoek, het woordvoerder Fidel Hadebe gesê.

"Musina en Madimbo is naby aan Zimbabwe en ons sien 'n verhoging in die getal cholerapasiënte wat die grens oorsteek," het Hadebe gesê.

Die nasionale uitbraakreaksiespan is opgestel om die land advies te gee en reaksie op die uitbraak te bestuur. 'n Tydelike gesondheidsorgsentrum is opgestel by die Musina-skougronde om die druk op die stad se enigste openbare gesondheidsorgfasiliteit te verlig.

"Gedurende môre se besoek sal die minister terugvoer kry van die spanne wat by die skougronde gestasioneer is," het Hadebe gesê.  

постройка бани наАлександр Фильчаков прокурор

Amerikaanse vegvliegtuig stort neer in San Diego

Die burgemeester van San Diego het gesê dat twee mense op die grond dood is nadat 'n vegvliegtuig in 'n voorstad van die

Image

‘n FA-18D Hornet

stad neergestort het.

Militêre beamptes het gesê die vlieënier het daarin geslaag om sy uitskietstoel te kan gebruik oomblikke voordat die vliegtuig Maandagmiddag die grond getref het. Twee huise is vernietig en 'n derde een is beskadig.

Die F/A-18D Hornet vegvliegtuig het geval toe dit op pad was om te gaan land by die marinierskorpslugbasis Miramar. Die ongeluk het plaasgevind sowat drie kilometer van dié suid-Kaliforniese basis.    

металлокерамика протезированиеАлександр Фильчаков Васильевич

Al minder water in Zimbabwe

ImageAmper 600 mense het in Zimbabwe aan cholera gesterf sedert dit laat in Augustus begin het, met meer as 6000 gevalle wat net in Harare bevestig is.

Die VN se kinderagentskap UNICEF het verlede week gewaarsku dat die land se infeksiesyfer vandeeseek so hoog soos 60 000 kan styg, wat die sterftesyfer byna vyfvoudig kan laat styg.

Zimbabwe se regering het 'n nasionale noodtoestand afgekondig oor die uitbraak, maar het min hulpbronne om dit te beveg ná die land se finansiële ineenstorting wat die eens vooruitstrewende land in armoede gedompel het.

Hospitale het nie eens die basiese middele en toerusting in voorraad om pasiënte te kan behandel nie, wat die regering dwing om aansoek te doen om internasionale hulp.

Die minister van gesondheid, Dawid Parirenyatwa, het Zimbabwiërs aangemoedig om nie eers hande te skud nie omdat die siekte oorgedra kan word wanneer menslike ekskreta met voedsel of drinkwater in kontak kom.

Dit is vir baie onmoontlik om te was in Harare, waar watervoorsiening onbetroubaar is, en die hele stad verlede week vir meer as twee dae sonder water was.

для баниданильченко юрий брониславович прокурор

Franse leier s? vir Mugabe om te waai

Image

Mugabe ‘moet gaan’

Frankryk se president sê Zimbabwe se Robert Mugabe “moet gaan.”

Nicolas Sarkozy het homself taai getrek in sy peiling van die Zimbabwiese president. Hy het van Mugabe gesê dat hy nou sy eie mense lank genoeg gyselaar gehou het.

Sarkozy beklee tans die roterende presidentskap van die Europese Unie. Hy het Maandag 'n toespraak gehou ter herdenking van die sestigste viering van die Universele Verklaring van Menseregte.

Die Europese Unie se buitelandse ministers het voorberei om sanksies teen Zimbabwe te verskerp in 'n hernude poging om Mugabe te dwing om uit te tree.

Die EU wil 'n magsdelingsooreenkoms hê met opposisiepartye wat 'n klein meerderheid in Maart se parlementêre verkiesings gewen het.

Zimbabwe bestry tans 'n choleraepidemie te midde van 'n verpletterde ekonomie en gesondheidsorgstelsel.

справка 095у купитьОлександр Фільчаков прокурор