Vigs maai onder Afrikapolitici

Vigs laat so baie politici in Afrika sterf dat hulle dood die vermoë van regerings om behoorlik te kan werk bedreig, het ‘n navorser Dinsdag gesê.

Kondwani Chirambo, die hoofskrywer van ‘n nuwe studie oor sterftes onder plaaslike raadslede in Suid-Afrika, het aan AFP gesê dat hy 6 ander lande bestudeer het waar die onnatuurlike hoeveelheid sterftes van politici toegeskryf kan word aan Vigs.

“Indien mens kyk na die statistieke, het LP’s redelik jonk gesterf en ook in groot getalle. Hierdie neigings is nie baie verskillend van die algemene bevolking nie,” het Chirambo, van die instituut vir demokrasie in Suid-Afrika gesê.

Oor die laaste 8 jaar het byna die helfte van Suid-Afrika se verkose plaaslike raadslede gesterf voor die ouderdom van 50.

Chirambo het gesê ”dit voorspel niks goeds” vir Suid-Afrika nie, waar die swak regeringsdienste ‘n baie algemene klagte is.

In die hele suidelike Afrika het die studie net een verkose beampte gevind wat haar MIV status openlik bekend gemaak het, en Chirambo skryf die nalating van die beamptes toe aan ‘n vrees dat hulle gestigmatiseer gaan word.

“Dit is nie ‘n gesonde profiel nie, raadslede is nie die armste mense in die wêreld nie,” het hy gesê.

“Dit is duidelik dat baie van hulle voel om jou status enigsins bekend te maak is ‘n vorm van politieke selfmoord.”

Suid-Afrika het een van die wêreld se hoogste Vigskoerse, met 5,4 miljoen mense wat geaffekteer is. 18% van hulle is in die werksmag.

Volgens Chirambo het 2,6 miljoen geregistreerde kiesers gesterf sedert 1999, met die meeste van hulle wat nog jonk was.

In Senegal, met ‘n nasionale Vigs voorkoms van net 1%, was daar net drie vakante poste geskep in die regering weens die sterfte van politici.

In vergelyking in Zambië, waar die eerste Vigs geval aangemeld is in 1995, is dood die mees algemene oorsaak vir parlementêre poste wat vakant raak.mobile casino free cash no depositлобановский александр дети

Westerse dissipline lei tot brandstigting

ImageKinders wat nie meer gedissiplineer word in Oeganda nie, weens ‘n verbod van die regering op lyfstraf, het 92 skole in die land afgebrand, het die polisie beweer.

Woordvoerder vir die polisie se kriminele ondersoekeenheid, Fred Enanga het gesê dat ‘n epidemie van brandstigting oor die laaste 12 maande die werk was van studente wat protesteer teen skorsings en uitsetting uit skole.

Ander insidente het gevolg nadat swak punte behaal is, het hy gesê.

“Jy weet ons het nou hierdie goed genaamd kinderregte in die skole,” het Enanga gesê gedurende die bekendmaking van die verslag oos brandstigting by skole.

“Dit beteken dat onderwysers nie meer kinders ‘n pak slae mag gee nie. En nou dat die kinders daardie bietjie ekstra vryheid het omdat ons die Westerse styl van dissipline aanvaar het,doen hulle sulke dinge,” het hy gesê.

Oeganda het 2 jaar gelede lyfstraf afgeskaf.

“’n Student sal besluit om ‘n skool af te brand net omdat hy gehoor het van iemand anders wat dieselfde elders gedoen het,” het Enanga gesê.

Polisiewoordvoerder Judith Nabakooba het gesê meer as 100 studente is verbind met die aanvalle.в ландшафтномалександр лобановский класс

Grondregtegroep verwerp regering se hervormingsbeleid

‘n Grondregtegroep het minister van grondsake, Lulu Xingwana se “gebruik dit of verloor dit” houding jeens grondhervorming verwerp.

Die-Reg-tot-Agrariese-Hervorming-vir-Voedselsoewereiniteit-Veldtog het Dinsdag ‘n onmiddellike staking geëis van die proses om grond terug te neem van histories agtergeblewe boere.

Dit het in ‘n verklaring gesê dat dit die markgerigte grondhervormingsbeleid is wat verantwoordelik is vir die mislukkings, nie boere wat nie ‘n passie het om te boer nie.

Hulle het gesê dat hulle beplan om verdere aksie teen te staan om die “landlose mense verder te ontmagtig en hulle grond weg te neem”.

Die veldtog het gesê dat hulle plaaswerkers, kleinskaalboere en ander belangegroepe in die grondsektor in die Wes-Kaap en die Noord-Kaap verteenwoordig.

Xingwana het verlede week die ''gebruik dit of verloor dit” beleid van stapel gestuur toe sy beveel het dat ‘n volstruisplaas teruggeneem word van begunstigdes in die grondhervormingsprogram.

Sy het gesê die wat nie toegewy is daaraan om te boer nie, moet van die land verwyder word en vervang word deur die wat “ ‘n passie het om te boer”.

маска для плавания детскаялобановский харьков класс

Misdaad kos Suid-Afrika miljarde

Die vier misdade wat die hoogste verdienste het in Suid-Afrika kos die slagoffers ‘n geskatte R110,5 miljard per jaar, het ‘n kenner by die instituut vir sekerheidstudies (ISS) Dinsdag gesê.

Charles Goredema, hoof van die georganiseerde misdaad en geldwassery program by die ISS wat gepraat het by ‘n konferensie in Johannesburg, het gesê die vier misdade is Suid-Afrika wat bydra tot die meeste kriminele aktiwiteit was dwelmsmokkelary, smokkelary, finansiële misdaad en rowery.

Hy het geskat dat finansiële misdade die grootste “opbrengste” het met die totale wins tussen R80 en R90 miljard per jaar, dwelmsmokkelary en die smokkel van goedere is op omtrent R10 miljard elk en rowery, huisbraak en diefstal kos die slagoffers sowat R500 miljoen per jaar.

“Dit is nie akademiese berekenings nie, net ‘n rowwe skatting,” het Goredema gesê.

Hy het die jongste polisiesyfers gebruik, die gemiddeld van die hoogste en laagste bedrag geld geneem wat deur die kriminele in elke kategorie gemaak is en dit vermenigvuldig met die hoeveelheid misdade per jaar.

“Hierdie jaar sal ek ‘n baie meer gedetaileerde berekening maak, omdat ek die ware syfers gaan kry,” het hy gesê.

games at aлобановский супермаркет класс

Waarom wil die ANC wettige vuurwapeneienaars ontwapen?

ImageDie uitspraak van mnr. Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus oor die chaos wat by die vuurwapenregister heers, plaas die ANC-bewind se angsvallige pogings om wettige vuurwapeneienaars te ontwapen in perspektief.

Die onrealistiese afsnydatum van 31 Maart vir die herlisensiëring van 4 miljoen vuurwapenlisensies is besig om paniek by die publiek te veroorsaak en vrese te laat ontstaan dat die ANC dalk met een of ander onderduimse plan teen veral minderheidsgroepe aan die gang is.

Geweldsmisdaad in die land word gepleeg deur diegene met onwettige vuurwapens wat vrylik in omloop is of oor ons landsgrense gesmokkel word. Na raming is daar 100 miljoen vuurwapens in Afrika wat deur die grootmoondhede tydens die vele oorloë en konflikte op die vasteland uitgedeel is.

Ras speel ook 'n rol by die ANC-bewind se veldtog teen wettige vuurwapens, want die meeste eienaars van sulke wapens behoort aan minderheidsgroepe soos blankes en Afrikaners.

Geweldsmisdaad, daarenteen, word in 99% van gevalle deur swartes – met onwettige vuurwapens – gepleeg. Dié prentjie is kommerwekkend, omdat dit wil voorkom asof die regering blankes met wettige vuurwapens wat hier en daar poog om hulle en hul gesinne teen geweldsmisdaad te verdedig, te ontwapen en hulle sodoende weerloos te laat.

Nie net gaan ons weerloos gelaat word teen geweldsmisdaad nie, maar ook teen georganiseerde optrede deur die regering of militante groepe soos die ANC-jeugliga wat ná die ontwapening die vrypas gaan hê om plase of woongebiede te beset of selfs 'n volksmoord te pleeg.

Ons mag nie vergeet dat, hoewel Europeërs en Asiërs ook verskeie gruwelike volksmoorde gepleeg het, volksmoord en massamoord in die onlangse tyd sinoniem met Afrika geword het nie. Rwanda, Ethiopië, die Kongo se Ituri-provinsie en Darfoer is nog vars in die geheue.

Ons ervaar elke dag op soveel gebiede en veral in die getransformeerde staatsdiens hoeveel haat daar tans onder die oppervlak teen blankes en veral Afrikaners sluimer.

Die vraag kan dus openlik gevra word: wil die ANC ons ontwapen omdat hy, hetsy plaasbesettings op die Zimbabwe-manier, hetsy etniese suiwering teen ons beplan?

In die negentiende eeu het die Britse koloniale owerheid by verskeie geleenthede swart stamme teen die Boere in die binneland aangehits en vrylik wapens aan sulke stamme verkoop, terwyl daar terselfdertyd 'n wapen- en kruitboikot teen die Boere ingestel is. Dan is daar nog die fameuse voorbeeld van Piet Retief wat sy wapens buite Dingaan se kraal gelaat het.

Waarom kry ons die indruk dat die geskiedenis besig is om hom te herhaal? Is die vrolike partytjie wat Dingaan vir ons aanbied dalk binnekort nie meer so vrolik nie?

Tydens die wanorde van die negentiende eeu toe massamoorde in die binneland tussen swart stamme en op blanke pioniers byna alledaags was, kon ons voorouers hulself net handhaaf en uiteindelik oorleef danksy die feit dat hulle wapens besit het.

Vele mense – waaronder Tim du Plessis van Beeld – is besig om in te sien dat Suid-Afrika reeds 'n mislukte staat van die Afrikatipe geword het.

Die risiko vir gewone burgers en veral lede van minderheidsgroepe om hul wapens aan 'n staat te oorhandig wat by monde van sy vorige hoof, Thabo Mbeki, van hulle as "setlaars" en 'n "koloniale heersersklas" gepraat het, is ooglopend.

Saam met die Vryheidsfront eis ons dat 'n behoorlike lisensiëringsproses daargestel word wat nie daarop gemik is om die publiek en minderheidsgroepe te ontwapen nie.

Ons doen ook 'n beroep op elke wettige wapeneienaar om nie sy of haar wapens sonder meer in te handig nie. Indien die polisie hardhandig begin optree teen mense wat weens die (doelbewuste?) onvermoë van die staat om lisensie-aansoeke te prosesseer die wapenwet oortree het, sal die skrif aan die muur wees vir die staat wat in 1994 tot stand gekom het.

Die demokratiese masker sal daarmee afgeruk wees en die staat se vyandigheid jeens minderheidsgroepe sal voor die hele wêreld ontbloot wees.

Die potensiaal vir etniese konflik in die land indien die polisie tot sulke optrede sou oorgaan, wat waarskynlik kort daarna deur plaasbesettings soos in Zimbabwe gevolg sal word, spreek ook vanself.

Boere, politieke partye en Afrikaanse organisasies moet nou saamstaan en baie reguit met die regering praat oor die dooiepunt en veral die vrese wat die ANC se wapenwet geskep het.

циклевка и реставрация паркета ценаtopcargo отзывы

Vuurwapenregister in chaos – afsnydatum onrealisties

Die minister van Veiligheid en Sekuriteit, mnr. Nathi Mthethwa, het die nuutste syfers vir aansoeke om die herlisensiëring van vuurwapens ingevolge die nuwe Wet op die Beheer van Vuurwapens (Vuurwapenwet), bekend gestel. Hy het geantwoord op ‘n skriftelike vraag van mnr. Pieter Groenewald (LP) van die Vryheidsfront Plus in die parlement. Volgens die antwoord van die minister is daar vanaf 2004 tot einde Januarie 2009 slegs 604 928 aansoeke vir bevoegdheidsertifikate en 881 136 hernuwingsaansoeke vir  vuurwapenlisensies, ontvang. Die tydperk vir aansoeke verstryk op 31 Maart 2009. In Suid-Afrika is daar ongeveer 2 miljoen vuurwapeneienaars wat elk ‘n bevoegdheidsertifikaat moet kry en ongeveer 4 miljoen vuurwapens wat geherlisensieer moet word voor 30 Junie 2009.

“Dit is duidelik dat, volgens die syfers wat die minister verskaf het, die vuurwapenregistrasieproses ernstige probleme ondervind en in totale choas is. Hiervolgens is slegs 38,8 % van aansoeke om herlisensiëring volledig geprosesseer en slegs 55,9% van aansoeke om bevoegdheidsertifikate. As verder in ag geneem word dat slegs 22% van die 4 miljoen vuurwapenlisensies in omloop en 30,3 % van die eienaars se aansoeke ingedien is, is dit onmoontlik om voor die einde van die maand (31 Maart), al die aansoeke te ontvang en te verwerk. Die VF Plus het herhaaldelik gewaarsku dat die tydperk vir die proses van hernuwing van lisensies en bevoegdheidsertifikate onrealisties is en dat die minister se departement nie oor die administratiewe vermoë beskik om dit betyds af te handel nie. Die syfers bewys dit nou”, sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Veiligheid en Sekuriteit vir die Vryheidsfront Plus.

“Ek word oorval met klagtes van vuurwapeneienaars wat al meer as twee jaar wag vir kluisinspeksies en hulle lisensies. Die minister erken ook dat vingerafdruk-klassifikasie, onderhoude met kennisse en kluisinspeksies ernstige probleme veroorsaak. Dit is juis hierdie administrasie waarteen die VF Plus gewaarsku het. Die Vryheidsfront Plus gaan voorstelle aan die minister doen hoe om die wet te wysig sodat die administrasie verlig en bespoedig kan word. Die bestaande situasie gaan die minister dwing om wysigings aan die Vuurwapenwet aan te bring en om die proses verder uit te stel”, het Groenewald gesê.

free online casino no deposit bonusФильчаков прокурор отзывы

Regter Mothata gevra om te verduidelik

Die regter wat van dronkbestuur beskuldig word, John Motata is Maandag in die hof gevra om te verduidelik waarom sy 2de stel prokureurs besluit het om van die saak te onttrek.

“Ek is nie in ‘n posisie om dit bekend te maak nie. Dit bly vertroulik,” het die Pretoriase hoërhof regter aan ‘n sigbaar vieserige landdros Desmond Nair gesê.

Nair, wat geforseer is om ‘n tweede keer uitstel te gee vir ‘n aansoek dat die saak laat vaar word het Motata reguit gevra: “Wat het aanleiding gegee tot die situasie?”

Dit was na verdedigings prokureur Marinus van Jaarsveld geweier het om redes te gee vir die onttrekking van die saak nadat hy en sy kollegas Motata vir 2 jaar in die Johannesburgse landdroshof verteenwoordig het.

Nair het geargumenteer dat die hof die rede moet weet vir die onttrekking “in die belange van geregtigheid en oop administrasie”.

Staatsaanklaer Zaais van Zyl het toe voorgestel dat Nair direk vir Motata vra.

“Dit is natuurlik die derde regspan vir Motata,” het Van Zyl gesê.

Motata het aan Nair om verskoning gevra vir die hoeveelste vertraging in die saak wat voortsleep sedert hy met sy Jaguar in die buitemuur van ‘n huis in Hurlingham, Johannesburg vasgery het in 2007, klaarblyklik toe hy dronk was.

“Ek het die reg om te sê ek soek ‘n span van my keuse. Ek is jammer u edele, ek verstaan u kommer,” het Motata gesê.

“Ek het nie die hof se tyd gemors nie,” het hy bygevoeg. :Ek het nie na die hof toe gekom en gesê, ‘Asseblief, wag , ek hardloop nog rond nie’.”

Motata het gesê het het reeds sy nuwe prokureur aangestel, Simeon Ngomane, wat by die verrigtinge was.

Nair het aan Motata gesê: “Ek wil u herinner, mnr. Motata…dat die tydsduur van die saak redelik buite die gewone is.”

“Regspraak wat vertraag word is regspraak wat vermy word, nie net vir uself nie, maar ook vir die staat en die hof.”

“Die saak is uitgestel tot 24 April vir u nuwe regspan om aansoek te doen vir die saak om laat vaar te word,” het hy aan Motata gesê.

Die hof sal die reaksie van die staat op 7 Mei aanhoor en sal op 2 Junie sy uitspraak lewer.online ukАлександр Фильчаков Васильевич

Islamitiese ekstremis kry polisiebeskerming

‘n Islamitiese ekstremis wat Britse soldate beledig het gedurende ‘n tuiskomsparade het verdere woede veroorsaak nadat hy onder 24-uur polisiebeskerming geplaas is.

Yousaf Bashir was deel van die bende wat beledigings geslinger het na 200 lede van die Royal Anglican Regiment terwyl hulle deur Luton marsjeer het verlede Dinsdag na ‘n 2de dienstermyn in Irak.

Die skuif het gekom na die skakelhuis wat Bashir met sy ouers deel Vrydag aangeval is.

Hy word nou 24 uur beskerming gegee na sy huis aangeval is.

Twee vensters in die onderste vlak en die glas in die voordeur is gebreek, en die agterruite van 2 karre wat in die inrit geparkeer is gebreek.

Twee polisiebeamptes is gestasioneer in gemerkte karre buite die eiendom sedert die aanvalle en ‘n geslotebaan kamera is ook geïnstalleer.

‘n Skare protesteerders het woede onder die inwoners van Luton veroorsaak wat in hulle honderde saamgedrom het om ondersteuning te toon vir die 2de bataljon van die Royal Anglicans, wat ook die bynaam het “The Poachers.”

Bashir en sy vriende het beledigings geslinger en ook plakkate rondgewaai wat die soldate “Die slagters van Basra” noem en ook “kriminele, moordenaars, terroriste” en “babamoordenaars”.

Twee lyne polisie moes ontplooi word na die skare omgedraai het op die protesteerders.

In ‘n vertoning van solidariteit vir die soldate het selfs mnr. Bashir se bure hulle huise met die Britse vlag versier.

Kevin Hattle, 52 het gesê: “Ek is geskok. Ek werk hard en betaal baie belasting en daar word nie so na my gekyk nie.”

“Daar is in my tuinhuisie ingebreek en my motorfiets is gesteel, maar die polisie het nie daarvoor uitgekom nie.”

“Hy het ons almal in gevaar gestel en kry al die beskerming op ‘n skinkbord. Die koste gaan astronomies wees.”

‘n 18-Jarige man van Luton is aangekla van rasgemotiveerde teistering, insluitend verbale mishandeling. Hy sal die week voor die magistraat verskyn.

‘n 2de Man, in sy 40 is met ‘n vaste straf kennisgewing uitgereik.

Nie een van die Moslem protesteerders is gearresteer nie.

бурениеФильчаков прокурор харьков

Noodsituasie by Pelindaba

Image‘n Noodsituasie het tien uur Maandagoggend by die Pelindabakernfasiliteit buite Pretoria ontstaan, het die SA kernenergiekorporasie (Necsa) gesê.

“Abnormale vlakke van gamma-bestraling geassosieerd met xenon- en kriptongas was opgetel in die gebou waar radio-isotope vervaardig word vir mediese toepassings,” het Necsa in ‘n verklaring gesê.

“Gelukkig was die gasse geensins geabsorbeer deur lewendige sisteme nie.”

Necsa het gesê ‘n alarm is gemaak en al die mense op die perseel het na voorafbepaalde plekke gegaan.

“Teen 10:38 was al die vlakke van bestraling weer normaal.”

Necsa het gesê die vlakke van bestraling wat opgetel is in en om die geaffekteerde geboue het gepiek bokant die werkslimiete, maar die totaal wat vrygestel is was binne die daaglikse limiete.

“Teen 10:38 het die bestralingsvlakke weer terug gekeer na normaal toe en is die noodtoesand verby gewees, waarna werknemers weer aangesê is om normale dienste te hervat,” het Necsa gesê.

Die gebeurtenis is geklassifiseer as ‘n perseelnoodgeval met geen buiteperseel voorsorgmaatreëls wat nodig was nie, as gevolg van die plaaslike aard van die insident.

“Die Nasionale Kern Reguleerder (NKR) is in kennis gestel aangesien dit nodig is in terme van Necsa se perseel-lisensie.

Mike Kantey, nasionale voorsitter vir die Koalisie teen Kernenergie het gesê hy is baie bekommerd oor die insident.

“Ons het versekering nodig dat geen jodium ontsnap het nie – en net die NKR het die toerusting om daarvoor te toets – ek dink hulle is nou op die perseel,” het Kantey gesê.

Die NKR was nie beskikbaar vir kommentaar nie.одежда для большого тенниса магазинылобановский александр игоревич

Regter verwerp konsep van ?eremoord?

‘n Senior Britse regter het gister die idee verwerp dat brandstigting en moord sake van “eer” is in ‘n Moslemgesin.

Regter Wall, wat uitspraak gelewer het in ‘n geval waar 3 Moslemkinders in die sorg van pleegouers geplaas is, het gesê die tyd het aangebreek om “die frase eremoord te heroorweeg.”

Hy het gehoor dat die ma een van haar drie kinders aan die brand gesteek het en probeer het om die huis waar hulle in gewoon het in ‘n poging om haar skoonsuster te inkrimineer.

Die skoonsuster was “ ‘n probleem vir die familie” en het uit die huis gevlug nadat sy geslaan is en haar een kinders vermoor is deur haar man, die ma se broer.

Die regter het gesê: “Die boodskap van die geval, wat hard en duidelik uitgestuur moet word, is dat hierdie hof ‘n verdraagsame en menseregte gebaseerde regsisteem toepas: een wat…ouers as gelykes beskou en die welsyn van die kind as die hoogste strewe.”

“Dit is die wet van Brittanje, en dit is die wet wat in die geval geld. Brandstigting, gesinsgeweld en moontlike vergelding wat waarskynlik kan eindig in ontvoering of dood is kriminele dade en sal as sulks hanteer word.”

Hy het gesê die dade wat aan die lig gebring is in die saak het niks te doen met enige konsep van “eer” soos dit bekend is in Britse wetgewing nie.

“Dit is dade wat eenvoudig walglike, kriminele optrede is en ‘n weiering om dit as sulks te aanvaar.”

туры в хорватию из калининградаФильчаков прокурор