Noodsituasie by Pelindaba

Image‘n Noodsituasie het tien uur Maandagoggend by die Pelindabakernfasiliteit buite Pretoria ontstaan, het die SA kernenergiekorporasie (Necsa) gesê.

“Abnormale vlakke van gamma-bestraling geassosieerd met xenon- en kriptongas was opgetel in die gebou waar radio-isotope vervaardig word vir mediese toepassings,” het Necsa in ‘n verklaring gesê.

“Gelukkig was die gasse geensins geabsorbeer deur lewendige sisteme nie.”

Necsa het gesê ‘n alarm is gemaak en al die mense op die perseel het na voorafbepaalde plekke gegaan.

“Teen 10:38 was al die vlakke van bestraling weer normaal.”

Necsa het gesê die vlakke van bestraling wat opgetel is in en om die geaffekteerde geboue het gepiek bokant die werkslimiete, maar die totaal wat vrygestel is was binne die daaglikse limiete.

“Teen 10:38 het die bestralingsvlakke weer terug gekeer na normaal toe en is die noodtoesand verby gewees, waarna werknemers weer aangesê is om normale dienste te hervat,” het Necsa gesê.

Die gebeurtenis is geklassifiseer as ‘n perseelnoodgeval met geen buiteperseel voorsorgmaatreëls wat nodig was nie, as gevolg van die plaaslike aard van die insident.

“Die Nasionale Kern Reguleerder (NKR) is in kennis gestel aangesien dit nodig is in terme van Necsa se perseel-lisensie.

Mike Kantey, nasionale voorsitter vir die Koalisie teen Kernenergie het gesê hy is baie bekommerd oor die insident.

“Ons het versekering nodig dat geen jodium ontsnap het nie – en net die NKR het die toerusting om daarvoor te toets – ek dink hulle is nou op die perseel,” het Kantey gesê.

Die NKR was nie beskikbaar vir kommentaar nie.одежда для большого тенниса магазинылобановский александр игоревич