Senior Eurokrate wil ‘n superkragtige EU-presidentpos skep en ontslae raak van Brittanje het die Daily Express onthul. ‘n Geheime groep EU-ministers van buitelandse sake het planne opgestel om die werk wat tans gedoen word deur Herman Van Rompuy, president van die Europese Raad, en Jose Manuel Barroso, president van die Europese Kommissie, saam te smelt.
Bin Laden was ondersteuner van Arabiese Lente
Osama bin Laden was ‘n voorstander van die Arabiese lente, volgens dokumente na sy inhegtenisneming wat Donderdag vrygestel is. In sy laaste private brief net ‘n week voor sy dood, hy het gesê dat dié lenterevolusies ‘n “formidabele geval” en ‘n draaipunt in die Arabiese wêreld verteenwoordig. Voor die vrystelling van die 17 briewe deur
Cosatu nooi DA om vír arbeidsmakelaars te betoog
Die Demokratiese Alliansie is welkom om te betoog teen Cosatu om arbeidsmakelary te bevorder, het die federasie se sekretaris-generaal Zwelenzima Vavi, Donderdag gesê. “Julle moet nadink oor die werklike klassestryd. Dit is hoekom ek gesê het op Twitter … die DA, mooi, julle kan by Cosatu se hoofkantoor kom betoog en vertel ons dat hierdie
Lees verder: Cosatu nooi DA om vír arbeidsmakelaars te betoog
Malema voel soos gebruikte toiletpapier of kondoom
Die geskorste leier van die ANC-Jeugliga, Julius Malema, het gesê die ANC het hom vir die party se eie doeleindes gebruik en hom toe weggegooi, is Donderdag berig. eNews het berig dat Malema aan ‘n saamtrek van die Vriende van die Jeugliga in Mthatha in die Oos-Kaap gesê hy is misbruik deur die ANC se
Lees verder: Malema voel soos gebruikte toiletpapier of kondoom
Nigerië dreig MTN oor ‘swak diens’
Nigerië se telekommmunikasie-owerhede het Donderdag gedreig om sanksies teen ‘n filiaal van Suid-Afrika se reuse selfoondiensverskaffer MTN in te stel oor die beweerde swak diens aan intekenare. Die Nigeriese Kommunikasie Kommissie (NCC) het die waarskuwing aan MTN Nigerië in ‘n verklaring uitgereik. Mense in Lagos, Nigerië se ekonomiese hoofstad en sy omgewing het in die
Vier in Duitsland gevang wat terreur beplan het
Vier mans, almal lede van ‘n terreur-organisasie is Donderdag aangekla nadat hulle glo beplan het om ‘n Al-Kaïda-soort aanval in Duitsland te loods. Die groep se leier – die 30-jarige Marokkaanse burger Abdeladim El-Kebir – word ook daarvan aangekla dat hy opleiding ontvang het by ‘n terreurkamp in die wettelose Afganistan-Pakistan grensgebied, het aanklaers gesê.
Lees verder: Vier in Duitsland gevang wat terreur beplan het
Vyf oproermakers by Vredefort vas
Vyf mense het in die Vredefort-landdroshof verskyn op aanklagte van openbare geweld ná oproer in dié dorp, het die polisie in die Vrystaat Donderdag gesê. Volgens kol. Thandi Mbambo word die vyf ook aangekla van die besit van beweerde gesteelde goedere. ‘n Groep van 2 000 inwoners het Dinsdag begin oproerig raak en paaie in
Landbou-uitvoere na ooste neem dramaties toe
Tydens die Landboubegrotingsdebat in die Parlement het dr. Pieter Mulder, adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye, aangekondig dat die waarde van Suid-Afrikaanse landbou-uitvoere na Singapoer met 78% toegeneem het in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Dit sluit produkte soos druiwe, appels, pere en avokado’s in. Die soortgelyke uitvoer van landbouprodukte na Maleisië het met
Obama lieg oor wit vriendin
Een van die meer geheimsinnige karakters van President Obama se 1995-outobiografie Dreams From My Father is die sogenaamde “New York vriendin”. Obama verwys nooit na haar by name nie, maar hy beskryf haar voorkoms, haar stem en haar maniertjies in groot besonderhede. Maar Obama het nou gesê die “New York vriendin” is eintlik ‘n saamgestelde
Israel roep ses bataljonne vir diens
Die Israeli-weermag (IDF) het ‘n noodoproep vir 6 reserwebataljonne uitgereik in die lig van nuwe gevare op die Egiptiese en Siriese grense. Die Knesset het aan die IDF toestemming om ‘n verdere 16 reserwebataljonne op te roep indien nodig verleen, het die Israeliese media Woensdag berig. ‘n IDF-woordvoerder het gesê intelligensieverslae het die ontplooiing van
