Vier in Duitsland gevang wat terreur beplan het

Vier mans, almal lede van ‘n terreur-organisasie is Donderdag aangekla nadat hulle glo beplan het om ‘n Al-Kaïda-soort aanval in Duitsland te loods.

Die groep se leier – die 30-jarige Marokkaanse burger Abdeladim El-Kebir – word ook daarvan aangekla dat hy opleiding ontvang het by ‘n terreurkamp in die wettelose Afganistan-Pakistan grensgebied, het aanklaers gesê.

El-Kebir het glo die groep se ander lede – wie se vanne nie aangedui word nie omdat Duitse wetgewing oor privaatheid dit verbied – gewerf en geïndoktrineer.

‘n Twee-en-dertigjarige Duitse Marokkaan, Jamil S., word daarvan aangekla dat hy gehelp het om plofstof te maak, terwyl ‘n 20-jarige Duitse-Irannese burger, Amid C. en ‘n 27-jarige Duitser, Halil S., glo betrokke was met logistiek.

Halil S. word ook daarvan aangekla dat hy probeer het om die komplot ten uitvoere te bring nadat die ander drie mans op 29 April 2011 in die westelike Duitse stede van Dusseldorf en Bochum in hegtenis geneem is.

Nadat hy amptenare vir verskeie maande gefnuik het, is hy op 8 Desember 2011 ook in Bochum in hegtenis geneem.

Aanklaers sê die “Dusseldorfsel” was deel van ‘n plan deur Al-Kaïda-leiers om Jihadiste te werf en op te lei om terreuraanvalle in Duitsland en ander dele van Europa uit te voer.

“Volgens die uitslae van die ondersoek het die beskuldigdes beplan om ‘n groot terreur-aanval in Duitsland uit te voer,” het aanklaers in ‘n verklaring gesê.

“Nietemin het hulle nog nie ‘n spesifieke teiken gekies vir die aanval nie.”

Александр Фильчаков Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae