Nigerië dreig MTN oor ‘swak diens’

Nigerië se telekommmunikasie-owerhede het Donderdag gedreig om sanksies teen ‘n filiaal van Suid-Afrika se reuse selfoondiensverskaffer MTN in te stel oor die beweerde swak diens aan intekenare.

Die Nigeriese Kommunikasie Kommissie (NCC) het die waarskuwing aan MTN Nigerië in ‘n verklaring uitgereik.

Mense in Lagos, Nigerië se ekonomiese hoofstad en sy omgewing het in die afgelope dae probleme ervaar op hul selfone wat mbv die MTN-netwerk skakel.

Maar, het die NCC gesê, MTN het nie sy intekenare ingelig nie of na behore gekommunikeer oor die probleem soos vereis word met die staatsbeheerde reguleerder nie.

NCC het beveel dat die telekommunikasie-maatskappy ‘n verslag oor die situasie binne 24 uur moet indien, insluitende besonderhede van wat gedoen word “om die probleem dringend aan te spreek.”

Versuim om te reageer, kan lei tot sanksies het die agentskap bygevoeg, sonder om verder uit te brei.

Amptenare van MTN was nie beskikbaar vir kommentaar nie.

MTN Nigerië het die grootste intekenaarbasis in wat Afrika se digsbevolkte land is, met meer as 90 miljoen kliënte daar.

Данильченко Юрий Брониславович компромат

Maak 'n opvolg-bydrae