Volgens kol. Thandi Mbambo word die vyf ook aangekla van die besit van beweerde gesteelde goedere.
‘n Groep van 2 000 inwoners het Dinsdag begin oproerig raak en paaie in die Mokwallo-township met brandende bande en klippe afgesper.
Drie winkels wat deur buitelanders besit word, is deur brande beskadig. Die oproer het begin ná probleme met elektrisiteitsvoorsiening in die lokasie. Mbambo het gesê die situasie is kalmer sedert kragtoevoer Donderdag gedeeltelik herstel is.
Pogings om ‘n munisipale gebou in Mokwallo vroeër vandeesweek aan die brand te steek het misluk, maar die oproermakers het die meeste van die vensters gebreek.
Die polisie patrolleer steeds die gebied in Mokwallo.
