‘n IDF-woordvoerder het gesê intelligensieverslae het die ontplooiing van meer soldate genoodsaak.
Stygende spanning tussen Israel en Egipte en die deurlopende onrus in Sirië het veroorsaak dat die weermag die Knesset vir spesiale toestemming om meer soldate op te roep, gevra het.
Die versoek is onlangs goedgekeur, sodat die IDF tot 22 bataljonne vir aktiewe diens kan oproep vir die tweede keer in drie jaar.
“Dit beteken dat die IDF met betrekking tot die Egiptiese en Siriese grense ‘n potensiële bron van ‘n groter bedreiging as in die verlede sien,” het die voormalige adjunk-stafhoof, Dan Harel, Woensdagaand gesê.
Egipte se verslegtende beheer oor die Sinai word gekenmerk deur ‘n oplewing in die smokkel van wapens en ander goedere wat ‘n bedreiging van terrorisme in die Sinai inhou.
Die Siriese situasie is ook hoogs vlambaar, het Harel gesê, “en dit kan enige oomblik ontplof … en hou ‘n direkte uitdaging vir ons in.”
Die IDF-woordvoerder, het gesê al die oproepdokumente wat reserviste ontvang het, is deur die komitee van buitelandse sake en verdediging goedgekeur.
