Britte onthul ‘EU-komplot’ deur Berlyngroep

Senior Eurokrate wil ‘n superkragtige EU-presidentpos skep en ontslae raak van Brittanje het die Daily Express onthul.

‘n Geheime groep EU-ministers van buitelandse sake het planne opgestel om die werk wat tans gedoen word deur Herman Van Rompuy, president van die Europese Raad, en Jose Manuel Barroso, president van die Europese Kommissie, saam te smelt.

Die Verenigde Koninkryk is uitgesluit van die vertroulike gesprekke in die “Berlyngroep” van Euro-politici, onder leiding van die Duitse minister van buitelandse sake Guido Westerwelle.

Britte is onthuts deur die plan omdat hulle die EU as hefboom teen die VSA gebruik om hul invloed te laat geld. Britse meningsvormers het histeries verwys na die plan as “‘n hedendaagse ekwivalent van die Europese keiser soos in die vooruitsig gestel deur Napoleon Bonaparte of ‘n terugkeer na die Heilige Romeinse Ryk van Karel die Grote, wat Europa in die Middeleeue geskep het”.

Hulle is glo bekommerd dat David Cameron se koalisie-regering niks doen om die sinistere komplot te verhoed nie.

“Dit is ‘n komplot deur mense wat nasiestate wil afskaf en ‘n Verenigde State van Europa wil skep,” het een gesê. “Hierdie mense is vasbeslote om hul einddoel te bereik.

“Die enigste hoop vir Brittanje is om die EU te verlaat en ‘n onafhanklike land te word.”

Die nuus sal verdere momentum gee aan die Daily Express se uiters gewilde kruistog vir Brittanje se onttrekking van die EU.

Op die oomblik is die twee senior EU burokrate, Barroso en Van Rompuy, in ‘n bitter magstryd gewikkel om te bepaal wie grootbaas van Europa sal wees. Van Rompuy, wat deur die hoofde van die regerings van die EU-lidlande gekies is, se kanse lyk meer rooskleurig volgens ontleders.

Данильченко Юрий Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae