Polisie is die oorsaak van misdaad

Volgens lt.genl. Mzwandile Petros, Gautengse polisiehoof, is polisie-, metropolisie- en veiligheidsbeamptes die hoofoorsaak van misdaadvoorvalle in Gauteng.

Met 2 500 wapens per jaar en 288 000 patrone wat gesteel word, kan ‘n burgeroorlog gevoer word. Die patrone word by die polisie se vuurwapenopleidingskole in Gauteng gesteel.

Ten spyte van die interne ondersoek deur die polisie om vas te stel wie verantwoordelik is vir die diefstal, is geen verdagtes nog aangekeer nie.

Die polisie bewapen misdadigers op dié manier, sê dr. Johan Burger, ‘n senior navorser by die Instituut vir Sekerheidstudie (ISS) aan Beeld gesê.

“Daar is jaarliks iets soos 2 500 gewere in die polisie se besit wat verloor word.

Sowat 100 000 patrone vir onder meer R5-aanvalsgewere, haelgewere en handwapens is na bewering by ‘n opleidingskool in Soweto gesteel, en sowat 88 000 patrone vir R5-aanvalsgewere by ‘n opleidingskool in Benoni.

Burger het gesê dié twee skokvoorvalle is nie die enigste diefstal nie. Daar word jaarliks ten minste 2 500 wapens “verloor” en net sowat 10% word ooit teruggevind.

” ‘n Mens kan jouself seker net verbeel wat van al hierdie wapens word en afvra hoeveel in misdadigers se hande beland – so in ‘n sekere sin dra die polisie eintlik in ‘n groot mate by tot die bewapening van misdadigers.”

Brig. Neville Malila, hoof van die Gauteng-polisie se kommunikasiedienste, kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Kol. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het ook nie op navrae in dié verband gereageer nie.

Фильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae