SA druk vir WB, IMF se transformasie

Suid-Afrika se minister van finansies, het Maandag gesê hy sal druk vir meer hervormings van internasionale finansiële instellings soos die Wêreldbank.  Pravin Gordhan het dit aan verslaggewers in Johannesburg gesê ure voordat die Wêreldbank se uitvoerende raad Maandag Dartmouth Universiteit se president Jim Yong Kim, wat deur die VSA genomineer was as kandidaat, verkies het.

Lees verder: SA druk vir WB, IMF se transformasie

Cosatu dreig met massa-aksie teen e-tol

Cosatu dreig met nóg massa-optrede indien die omstrede elektroniese tolstelsel in Gauteng voortgaan. RSG berig Cosatu sê hy is steeds in gesprekke met die ANC in ‘n poging om ‘n oplossing te vind, vir die stelsel wat hy as “betreurenswaardig” beskryf. Patrick Craven, ‘n woordvoerder vir die vakbond, sê die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se

Lees verder: Cosatu dreig met massa-aksie teen e-tol

Duitsland steun SA vir SKA

Duitsland se federale minister van onderwys en navorsing, Annette Schavan sê die besluit oor wie die gasheer vir die “Square Kilometre Array”-teleskoop gaan wees, moet op ‘n wetenskaplike basis besluit word en nie polities gemotiveerd wees nie. Schavan sê egter dat Duitsland die ontwikkeling van wetenskaplike navorsinginfrastruktuur in Afrika en Suid-Afrika steun. Schavan en haar

Lees verder: Duitsland steun SA vir SKA

Onenigheid in Jeugliga

Die geskil tussen die ANC en sy jeugliga het oornag oorgespoel na onenigheid bínne die jeugleiers se eie geledere. Twee lede van die liga se nasionale uitvoerende komitee het binne ure teenstrydige verklarings uitgereik. Magdalene Moonsamy het ‘n verklaring ter verdediging van haar beleerde kollega, Floyd Shivambu uitgereik ná hy die hoof van die party

Lees verder: Onenigheid in Jeugliga

OB moet Misdaadintelligensie-aankoop ondersoek

Die Openbare Beskermer (OB), adv Thuli Madonsela, is deur die Vryheidsfront Plus versoek om die aankoop van ‘n rusoord deur die Misdaadintelligensie eenheid (MIE) aan die KwaZulu-Natalkus te ondersoek. Sy is ook gevra om alle transaksies van die MIE waar eiendomme betrokke is te ondersoek om vas te stel of dit werklik nodig was en

Lees verder: OB moet Misdaadintelligensie-aankoop ondersoek

VF+ lê klag oor Sanral

Die Vryheidsfront Plus gaan ‘n klag by die Verbuikerskommissie teen SANRAL lê vir die onregverdige hoë bedrag wat gehef gaan word van padverbuikers wat nie geregistreer is vir die e-skyfie nie. SANRAL het verlede week bekend gemaak dat nie-skyfie gebruikers ‘n bedrag van R1,75/km sal moet betaal in teenstelling met die R0,30/km vir e-skyfie gebruikers.

Lees verder: VF+ lê klag oor Sanral

Frankryk se nuwe linkse ster skitter

Hy is Frankryk se eie Julius Malema, wat joernaliste haat en dikwels skel en vloek. Die enigste verskil is dat daar geen dissiplinêre stappe teen die nuwe anti-NAVO ster in die opkomende Franse verkiesing gaan wees nie. ‘n BBC-joernalis moes al insgelyks deurloop onder sy skerp tong. Hugh Schofield is ‘n “connard de journaliste” genoem

Lees verder: Frankryk se nuwe linkse ster skitter

BBP-aanvalswapens verdwyn

Die lugmag het ‘n kommissie van ondersoek ingestel nadat vier R5-aanvalsgewere gesteel is uit ‘n kluis by die Waterkloof-lugmagbasis. Die gewere behoort tot die BBP-beskermingseenheid wat getaak is met die beskerming van President Jacob Zuma se amptelike vliegtuig op die basis. Tien beskermingseenheidwagte is die primêre verdagtes in die saak, volgens Beeld. Die diefstal is

Lees verder: BBP-aanvalswapens verdwyn

Zuma trou glo nie op belastingbetalers se onkoste nie

Die troue van President Jacob Zuma met sy vierde vrou, Bongi Ngema, sal ‘n privaatgeleentheid tussen familielede in Nkandla volgende naweek wees, het die presidensie Sondag gesê. Die koste van die seremonie sal deur Zuma self gedra word en daar sal geen regeringsfondse gebruik word nie, het Mac Maharaj, woordvoerder, in ‘n verklaring gesê. Hy

Lees verder: Zuma trou glo nie op belastingbetalers se onkoste nie