Onenigheid in Jeugliga

Die geskil tussen die ANC en sy jeugliga het oornag oorgespoel na onenigheid bínne die jeugleiers se eie geledere.

Twee lede van die liga se nasionale uitvoerende komitee het binne ure teenstrydige verklarings uitgereik. Magdalene Moonsamy het ‘n verklaring ter verdediging van haar beleerde kollega, Floyd Shivambu uitgereik ná hy die hoof van die party se tugkomitee, Cyril Ramaphosa gekritiseer het.

Die adjunk president van die ANC Jeugliga, Ronald Lamola het kort daarna egter amptelik verklaar dat die liga hom distansieer van Shivambu se aanval én Lamola se steun vir Shivambu.

Lamola sê Moonsamy se verklaring verteenwoordig nié die ANC Jeugliga se standpunt nie, maar is slegs haar eie siening.

лобановский александр компромат

Maak 'n opvolg-bydrae