Duitsland steun SA vir SKA

Duitsland se federale minister van onderwys en navorsing, Annette Schavan sê die besluit oor wie die gasheer vir die “Square Kilometre Array”-teleskoop gaan wees, moet op ‘n wetenskaplike basis besluit word en nie polities gemotiveerd wees nie.

Schavan sê egter dat Duitsland die ontwikkeling van wetenskaplike navorsinginfrastruktuur in Afrika en Suid-Afrika steun. Schavan en haar Suid-Afrikaanse ampsgenoot, Naledi Pandor het die media in Kaapstad toegespreek tydens die opening van die 2012/2013 Duitsland/Suid-Afrika jaar van wetenskap.

Suid-Afrika en Australië ding mee om die S-K-A radioteleskoop in hulle onderskeie lande te bou. Die S-K-A organisasies sal na verwagting sy besluit teen die middel van Mei aankondig.

Александр Фильчаков Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae