Cosatu dreig met massa-aksie teen e-tol

Cosatu dreig met nóg massa-optrede indien die omstrede elektroniese tolstelsel in Gauteng voortgaan.

RSG berig Cosatu sê hy is steeds in gesprekke met die ANC in ‘n poging om ‘n oplossing te vind, vir die stelsel wat hy as “betreurenswaardig” beskryf.

Patrick Craven, ‘n woordvoerder vir die vakbond, sê die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se nuutste aankondiging is gelykstaande aan afpersing.

Motoriste wat nie vir ‘n e-skyfie registreer nie, sal volgens Sanral baie méér moet betaal.

“Padgebruikers wat nie registreer nie, of wat nie geldige en werkende e-skyfies het nie en wat nie binne sewe dae betaal nie, sal uiteindelik ‘n aansienlik hoër tarief betaal,” het Sanral in ‘n verklaring gesê.

топкарго

Maak 'n opvolg-bydrae