OB moet Misdaadintelligensie-aankoop ondersoek

Die Openbare Beskermer (OB), adv Thuli Madonsela, is deur die Vryheidsfront Plus versoek om die aankoop van ‘n rusoord deur die Misdaadintelligensie eenheid (MIE) aan die KwaZulu-Natalkus te ondersoek.

Sy is ook gevra om alle transaksies van die MIE waar eiendomme betrokke is te ondersoek om vas te stel of dit werklik nodig was en of die gebruik daarvan wettig was.

“Dit is ironies dat lede van die MIE in KZN en Gauteng verlede maand nie hulle informante kon betaal nie en lede uit hulle sak moes betaal vir brandstof vir hulle motors om hulle werk te doen.

Die rede wat gegee is, was dat die geheime rekening van R 250 miljoen gevries is weens ‘n ondersoek na die hoof finansiële beampte, Solly Lazarus. Dit wil voorkom asof die geheime klassifikasie van die fonds misbruik word om onreëlmatig daarmee te handel.

Dit lyk weereens asof daar wanaanwending van staatsfondse is en daarom word die OB gevra om dit te ondersoek. Fondse wat wanaangewend word bevorder misdaad omdat misdaadintelligensie dan nie behoorlik gedoen kan word nie,” sê mnr Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Polisie vir die Vryheidsfront Plus.

Genl.maj. Solly Lazarus is die finansiële hoofbeampte van die MIE. Een van sy medewerkers is ‘n Durbanse miljoenêr-sakeman Panganathan “Timmy” Marimuthu wat in 1992 tot drie jaar tronkstraf gevonnis weens die handel in 3400 Mandrax-tablette.

Sy appèl teen die vonnis het misluk, maar hy is ten spyte daarvan nooit tronk toe nie.

Die polisie het boonop teen R250000 per maand aan onbewoonbare huise aan hom betaal vir “huur”.

Die MIE het vyf van sy familielede as kolonels en kapteins aangestel en twee van sy bywywe as klerke.

In ‘n beëdigde verklaring aan die Valke het een van Lazarus se kollegas gesê die kuseiendom was vir die eksklusiewe gebruik van Lazarus en ander senior MIE-lede.

Lazarus het voorgegee dat dit vir amptelike gebruik is, altyd toevallig oor langnaweke en vakansies in die geselskap van vriende.

Die beëdigde verklarings beskryf ook hoe Lazarus die geheime fonds misbruik het om vliegkaartjies vir sy private gebruik te koop.

 

лобановский харьков

Maak 'n opvolg-bydrae