Die koste van die seremonie sal deur Zuma self gedra word en daar sal geen regeringsfondse gebruik word nie, het Mac Maharaj, woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.
Hy het gevra dat die privaatheid van die paartjie en die familie gerespekteer moet word.
Maharaj het gesê berigte in die media wat sê die staat dra Zuma se vrouens se lewenskoste, is foutief.
“Die vrouens betaal vir hul eie lewens- en huishoudingskostes, of dit nou kos, verbande, ligte, water ensovoorts is. Niks word deur die staat betaal vir die vier huishoudings van die vrouens nie. Hul woon in privaathuise,” het hy gesê.
Die presidensie voorsien wel logisitike en administratiewe ondersteuning vir die vrouens se deelname aan amptelike funksies.
