BBP-aanvalswapens verdwyn

Die lugmag het ‘n kommissie van ondersoek ingestel nadat vier R5-aanvalsgewere gesteel is uit ‘n kluis by die Waterkloof-lugmagbasis.

Die gewere behoort tot die BBP-beskermingseenheid wat getaak is met die beskerming van President Jacob Zuma se amptelike vliegtuig op die basis.

Tien beskermingseenheidwagte is die primêre verdagtes in die saak, volgens Beeld.

Die diefstal is ontdek op 9 Maart, toe die wagte glo die kluis oopgemaak het om die wapens te verwyder ten einde Zuma se inkomende vlug se veiligheid te verseker.

Volgens weermagwoordvoerder, brigadier-generaal Xolani Mabanga, het die ondersoek na die diefstal tot dusver leuenverklikkerstoetse vir die wagte behels.

Die ondersoek het aan die lig gebring dat die sekuriteitskameras in die kantoor “toevallig” nie gewerk het vir ‘n geruime tyd nie, en dat die probleem aangemeld is, maar niks is gedoen daaroor nie.

Daar was geen teken dat een van die twee slotte mee gepeuter is nie, wat daarop dui dat die kluis met ‘n sleutel oopgesluit is.

Die tien wagte is na ‘n vergadering by die basis op 7 Maart ontbied, waartydens hulle die kantoor toegesluit het, maar sonder toesig gelaat het. Die wapens is vermoedelik toe gesteel.

Данильченео

Maak 'n opvolg-bydrae