Frankryk se nuwe linkse ster skitter

Hy is Frankryk se eie Julius Malema, wat joernaliste haat en dikwels skel en vloek. Die enigste verskil is dat daar geen dissiplinêre stappe teen die nuwe anti-NAVO ster in die opkomende Franse verkiesing gaan wees nie.

‘n BBC-joernalis moes al insgelyks deurloop onder sy skerp tong. Hugh Schofield is ‘n “connard de journaliste” genoem omdat hy ‘n vraag gevra het waarvan die kandidaat nie hou nie.

Hy het tydens ‘n TV-debat die regse Marine Le Pen probeer oorheers as oud-minister onder Lionel Jospin. Hy is geweldig gekant teen neoliberalisme en ‘n vurige Franse Republikein. Hy is ook entoesiasties oor die Arabiese Lente en hoop dit waai oor na Europa om van die korrupte “oligarge” ontslae te raak wat Europa beheer.

Le Pen was egter ewe oortuigend om die gewone werker se vrese aan te spreek. Een kommentator het haar selfs as “uiters gevaarlik” beskryf om daardie rede.

Jean-Luc Mélenchon se buitelugsaamtrekke lyk soos dié van Nicolas Sarkozy, die president, en François Hollande, die Sosialistiese kandidaat in getalle en intensiteit.

‘n Kragtige herlewing van Frankryk se radikale linkses, gelei deur Mélenchon, voormalige sosialistiese minister, met ‘n herrysende Kommunistiese Party as sy kern, lyk gereed om die uitkomste van volgende Sondag se eerste ronde in die land se presidensiële verkiesing deurmekaar te krap.

Mélenchon het sy dramatiese styging die naweek voortgesit, toe tienduisende ondersteuners van regoor die land aan ‘n saamtrek by die Prado-strand van Marseille Saterdag onder die rooi vlag byeengekom het.

“Ons skryf ‘n bladsy van die geskiedenis van die linkerkant. Ons is die renaissance van links,” het hy verklaar aan ‘n jubelende skare. ” Weerstand! Weerstand!”

Die vraag is watter effek ‘n sterk vertoning deur Mélenchon kan hê, veral op François Hollande, die Sosialistiese Party-kandidaat, wat die gunsteling is om te wen in die beslissende tweede ronde van die verkiesing op 6 Mei.

Melanchon se gewildheid het die hoogte ingeskiet van 5 persent twee maande gelede tot so hoog as 17 per persent in onlangse opnames, wat daarop dui dat hy selfs derde agter Sarkozy en Hollande kan eindig. Dié twee voorlopers het belowe om te hou by die moeilike teikens van Frankryk se begrotingstekort en om ‘n hoë staatskuld te verminder.

“Die belangrikste rede is omdat Mélenchon die enigste een is wat nie aan die beleid van soberheid glo nie. Hy sê hy sal nie openbare besteding terugsny nie,” sê ‘n Jong Kommunistiese Party-aktivis in die Prado-skare. “Hy is die enigste een wat dit sê en ons wag al ‘n lang tyd daarvoor.”

Mélenchon het die Sosialistiese Party in 2008 verlaat, maar die charismatiese voormalige Trotskis het daarin geslaag om die steun van die radikale linkse groepe te mobiliseer, wat ‘n lang tradisie van revolusionêre politiek in Frankryk ken. Dit sluit ‘n sterk herlewing van die Kommunistiese Party in wat sedert die 1980’s ‘n insinking beleef het, en wie se kandidaat in 2007 minder as 2 persent van die stemme gewen het.

As Mélenchon 12-13 persent van die stemme kry, sal die balans van magte aan die linkerkant wees. Dit sal mag terug aan die kommuniste besorg.

Mélenchon het Hollande gespot oor sy gerusstelling, in Engels, tydens sy besoek aan die Stad van Londen dat hy “nie gevaarlik” is nie. “Ons is baie gevaarlik!” het Mélanchon die versekering gegee.

Данильченко Юрий отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae