15:45:18 Derduisende Zimbabwiërs staan in toue om geld te trek nadat die regering die perk op daaglikse onttrekkings verhoog het.
Nou bedank Sam Shilowa ook
15:25:56 Die premier van die Gautengprovinsie, Sam Shilowa, het vandag bedank.
Imam help sy dogter se loopbaan aan
Omar Bakri Mohammed se ekstremistiese preke het vroeër veroorsaak dat hy uit Brittanje teruggestuur is na Libanon. Hy staan alom bekendstaan as die "Haatimam" omdat hy Moslemvroue onder andere wil verplig om hulleself heeltemal te bedek. Maar die vuurspuwende Imam het nietemin vir sy dogter se borsvergrotingsoperasie betaal.
Regse party maak opgang in Oostenryk
Heinz-Christian Strache, 39, leier van die Oostenrykse Vryheidsparty, meen hulle is die eienaars van Oostenryk en hulle sal besluit wie toegelaat word tot die land en wie nie. Wat sy teenstanders skok, is egter dat sy volgelinge openlik Nazi-simbole by sy vergaderings vertoon. Die dra van Nazi-kentekens en die Nazi-saluut is onwettig in Oostenryk.
Aandelemarkte in Asi? twyfel aan die VSA se reddingsplan
Aandelemarkte in Asië is af vandag nadat vrese vir 'n globale krediettekort weer die oorhand gekry het.
Lees verder: Aandelemarkte in Asi? twyfel aan die VSA se reddingsplan
Uitvoerende voorsitter daag Mboweni oor rassisme-ektiket
Lees verder: Uitvoerende voorsitter daag Mboweni oor rassisme-ektiket
Motlanthe spreek die land toe
09:21:55 President Kgalema Motlanthe het Sondag in 'n televisieuitsending gesê die land se grondwetlike orde is duursaam en demokrasie lewendig.
Vars gevegte in die DRK
09:15:09 Vars gevegte het Sondag in die oostelike deel van die Demokratiese Republiek van die Kongo tussen die weermag en rebellemagte uitgebreek, het die wegbreekgroep van die offisier Laurent Nkunda gesê.
Alonso wen in donker
19:34:11 Die formule-een-Grand Prix van Singapore was 'n nuwe ervaring vir meeste van die bestuurders, maar ná 'n hele klomp voorvalle op die
baan het die Spanjaard Fernando Alonso in sy Renault die wenstreep oorgesteek. Nico Rosberg in sy Williams en Hamilton in die Mclaren was onderskeidelik tweede en derde.
Supermarkkluis in Springs opgeblaas
10:38:51 'n Bende swaargewapende mans het met ‘n onbekende bedrag geld weggekom nadat hulle ‘n kluis by ‘n supermark in Springs opgeblaas het, het die polisie vanoggend berig.
