Alonso het die eerste keer sedert Italië weer op die podium gestaan. Hy het wel in die 15de plek weg gespring, maar het sy 20ste loopbaanoorwinning 2,95 sekondes vinniger as Rosberg behaal. Besoeke aan die kuipe het 'n groot rol gespeel en daar was drama in die kuipe toe Massa met die brandstofpyp nog in die motor weggetrek het.
Raikkonen het met die reling gebots met net 4 rondtes oor en Piquet het ook hard kennis gemaak met een van die relings nadat hy te vinnig uit 'n draai gekom het. Coulthard het ook met die brandstofpyp weggetrek en een van die kuipemanne onderstebo gestamp.
Nog jaers het van die baan getol en die wedren is nie minder as drie keer deur sulke voorvalle tot stilstand gebring nie. Alonso het uiteindelik geskiedenis gemaak om die eerste nagwedren ooit te wen.
