"Die FARDC (regeringstroepe) het ons posisies vroeg vanoggend in Rugari," 45 kilometer noord van Noord-Kivu die provinsiale hoofstad van Goma, aangeval, het Bertrand Bisimwa aan AFP per telefoon gesê.
"Hulle het met swaar materiaal aangeval. Ons het die VN-sending na die Demokratiese Republiek van die Kongo (MONUC) daaroor gewaarsku," het die senior amptenaar van Nkunda se Nasionale Kongres ter Verdediging van die Volk (CNDP) gesê.
Die rebellegroep het ook berig oor gevegte naby die noordoostelike dorp van Kanobe.
Intussen het die hoof van 'n vlugtelingkamp in Tongo, 'n dorp 60 kilometer noord van Goma, Sondag gesê dat CNDP-rebelle skote vanuit posisies in die heuwels gevuur het twee dae ná hulle beheer oor Tongo aan die FARDC afgestaan het.
"Geweerskote het hervat. Indien gevegte na die dorp toe versprei, sal ons na die MONUC-kamp toe terugtrek vir beskerming," Benjamin Seburu aan AFP gesê.
Inwoners van die dorp Sake, 25 kilomenter wes van Goma, het ook gesê dat hulle beleër word met geweervuur wat Saterdagaand drie uur lank geduur het vanaf rebelle wat die dorp van die weermag wil herwin.
Die FARDC het geen van dié aanvalle bevestig nie, terwyl 'n perskonferensie wat deur die hoof van die weermag, generaal Dieudonne Kayembe, georganiseer is en vir Sondagmiddag in Goma bestem was, tot Maandag uitgestel is.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.