Hy het Thabo Mbeki geprys vir sy leierskap. Hy het egter anders as sy voorganger groot klem gelê op die bestryding van TB en Vigs.
Motlanthe het gesê hy beplan om Suid-Afrika se posisie in die wêreld uit te bou sodat die land 'n groter rol in internasionale aangeleenthede kan speel. Hy sê Suid-Afrika is gereed vir die moeilike tye wat as gevolg van die wêreldwye finansiële krisis oor die land gaan spoel.
Hy het die Vryheidshandves, die sogenaamde Freedom Charter, weer as die kompas vir die ANC se rigting uitgesonder. Hy het alle kiesers aan die einde van sy rede gevra om te gaan registreer vir die verkiesings wat volgende jaar gehou sal word.
