Uitvoerende voorsitter daag Mboweni oor rassisme-ektiket

Mario Pretorius, uitvoerende voorsitter van die kommunikasiemaatskappy TeleMasters, meen Tito Mboweni het geïmpliseer dat hy ’n rassis is. Mboweni het op ’n vergadering van aandeelhouers van die Suid-Afrikaanse Reserwebank aan Pretorius gesê hy moenie met hom praat soos wat wit mense in die verlede met swart mense gepraat het nie.

Dit was nadat Mboweni geweier het om ’n ander aandeelhouer se punt op die agenda te plaas en Pretorius op ’n punt van orde gesê het Mboweni se optrede is “skokkend”.

Pretorius vra tans in ’n brief aan Mboweni ’n persoonlike én openbare verskoning in die media omdat Mboweni het geen rede gehad om hom ’n rassis te noem nie. Pretorius beskou Mboweni se uitlating in 'n baie ernstige lig, want dit het verreikende gevolge vir sy sakebelange en sy lewe.

Hy het gesê sy regsverteenwoordiger sal Mboweni ’n redelike tyd gee om te reageer, maar hy sal verdere stappe doen indien Mboweni nie antwoord nie.

In die huidige finansiële krisis verwag ’n mens kalm leierskap van die Reserwebank, sê Pretorius.

ыгри для дитейФильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae