Wees gewaarsku, ouboet luister jou af

Stel jou voor dat ingeluister word op kriminele en terroriste wat konkel om dwelms of wapens na Suid-Afrika te smokkel en hulle presiese plekbepaling en tyd van aflewering is bekend. Dit klink soos 'n hoogs tegniese rewolusie in misdaadbestryding en intelligensie-insameling.

Lees verder: Wees gewaarsku, ouboet luister jou af

‘Armoede veroorsaak misdaad’

Die meeste Suid-Afrikaners glo dat armoede die grondoorsaak van stygende misdaadvlakke in die land is. 'n Opname deur TNS Research Surveys het bevind dat driekwart van die 2 000 volwassenes in die sewe vernaamste metropolitaanse gebiede van Suid-Afrika saamstem dat misdaad hoofsaaklik deur armoede veroorsaak word.

Lees verder: ‘Armoede veroorsaak misdaad’

Zuma se medebeskuldigdes is voorlopig vry

16:15:09 Aanklagte teen ANC –president Jacob Zuma se medebeskuldigdes – die Suid-Afrikaanse filiaalmaatskappye van die Franse wapenvervaardiger Thales Internasionaal – is Maandag voorlopig deur die Nasionale Vervolgingsgesag onttrek. NVA-woordvoerder Tlali Tlali het bevestig dat die aanklagte voorlopig onttrek is.

Lees verder: Zuma se medebeskuldigdes is voorlopig vry

IVP maak skoonskip met studenteraadsverkiesing by Mangosuthu-universiteit

In ‘n dramatiese gebeurtenis by die Mangosuthu-universiteit in Durban het die IVP se Sadesmo al 12 sitplekke op die verteenwoordigende studenteraad gewen.

Lees verder: IVP maak skoonskip met studenteraadsverkiesing by Mangosuthu-universiteit

UP weier om verkiesingsuitslag bekend te maak

Image

Die ‘Skip’, UP-administrasie

Mnr. Hector Beyers, adjunkvoorsitter van die UP-studenteraad, het vandag in `n verklaring sy bekommernis uitgespreek oor die terughou van die VSR-verkiesingsuitslag wat reeds op 9 September vanjaar plaasgevind het.

Lees verder: UP weier om verkiesingsuitslag bekend te maak