Hy het verder gesê dat daar ‘n groot behoefte is aan finansiering in die laerinkomstegroepe, veral gesien in die lig van Suid-Afrika se geskiedenis, maar hy het wel daarteen gemaan om besluite te neem wat nie goeie finansiële sin maak nie. Volgens hom moet die vermoë van die persoon om die lening terug te betaal wel in ag geneem word.
Banke en die regering behoort die probleme van toegang tot behuisingsfinansiering aan te spreek, asook die stygende huishoudelike skuld en tekort aan behuising in die land.
Coovadia het gepraat aan die einde van die jaarlikse Internasionale Unie vir huisfinansiering se wêreldkongres en het gesê dat die regering ‘n rol moet speel om finansiering teen vaste tariewe daar te stel en ook om sommige van die nie-kommersiële risiko’s te dra. Volgens hom sal dit weer vertroue in die mark skep en investering deur nie-tradisionele finansiële instellings lok.
