IVP maak skoonskip met studenteraadsverkiesing by Mangosuthu-universiteit

In ‘n dramatiese gebeurtenis by die Mangosuthu-universiteit in Durban het die IVP se Sadesmo al 12 sitplekke op die verteenwoordigende studenteraad gewen.

Dit het gebeur nadat die universiteit al lank reeds probeer om die lewe moeilik te maak vir Sadesmo. Nege Sadesmo-studenteraadsverteenwoordigers is in Maartmaand geskors ná ‘n maandlange boikot waarin gevra is dat meer dosente op die kampus ontplooi word.

Die nege studente is eers teen die einde van September weer op die kampus toegelaat.

Die feit dat Sasco nie daarin geslaag het om enige plekke op die studenteraad te kry nie dui op die groeiende ontevredenheid onder die jeug van Suid-Afrika met die ANC en sy vennote, het Pat Lebenya-Ntanzi gesê. Lebenya –Ntanzi is die waarnemende voorsitter van die IVP-jeugbrigade.

Ons wens die studente van die universiteit en Sadesmo geluk met die historiese oorwinning, maar dit was geen verrassing nie, het Lebenya-Ntanzi gesê. Voor die verkiesings het Sadesmo 9 plekke in die raad gehad en Sasco 3 plekke.

"Dit is duidelik dat die jeug van Suid-Afrika na die IVP kyk vir leiding in ‘n tyd waarin die land in ‘n erge leierskap krisis is. Die uitslag van die verkiesing is ‘n teken dat die mense vertroue het in die IVP en sy strukture. Verder is dit ook ‘n teken dat daar geen vertroue in die Sasco is nie."

Senior ANC leiers het ook onlangs toegegee dat Julius Malema ‘n verleentheid vir die party is en dat hy geen respek het vir ander leiers nie.

ANC-leiers het bevestig dat hulle gevrees het dat Malema die ANC stemme kan kos met die verkiesing volgende jaar, en sê dat hulle ergste vrese nou bewaarheid is.

Sasco wat met die ANC geallieerd is, het die eerste ongeval geword van Malema. Suid-Afrika se jeug is teleurgesteld met Malema se houding van disrespek teenoor andere.

Lebenya–Ntanzi het ter afsluiting gesê dat studente van oor die hele politieke spektrum kragte moet saamsnoer met die IVP en Sadesmo in die provinsie.

Dit is die manier waarop hulle kwaliteitleierskap en -opvoeding by alle instellings in die provinsie kan kry.          

управление парусной яхтой в одиночкупрокурор харьковской области

Maak 'n opvolg-bydrae