Dr. Tony Turton van die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) reken die besoedeling van die land se damme en
riviere is so erg dat dit op 'n krisis afstuur. Hy het Vrydag as deel van ’n bewusmakingsessie by die Loskopdam gesê die dam is deurtrek van siaanbakterie wat chemies net so giftig soos die rinkhalsgif is.
Wegbreekparty sukkel met naam
Kort nadat die ANC-wegbreekgroep aangekondig het hulle sal as die South African Democratic Congress (Sadec) bekend staan, is daarop gewys dat hulle verkose naam reeds by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) geregistreer is.
Obama die gunsteling in rekordvroe?stemmery
07:33:53 'n Rekordaantal Amerikaners het reeds hule stemme uitgebring in sleutelstate in die VSA op die vooraand van vandag
se verkiesing, met meningsopnames wat aandui dat vele van die vroeë kiesers die Demokraat Barack Obama ondersteun.
Goudmynbedryf in Zimbabwe ’totaal vernietig’
17:47:37 Zimbabwe se goudmynnywerheid, wat nege jaar terug die derde grootste in Afrika was, is op die randjie van totale
ineenstorting omdat die land se sentrale bank weier om te betaal vir die goud wat dit koop van die myne af, het ‘n verteenwoordiger van die myne Maandag gesê.
5,5 miljoen toeriste besoek SA in 7 maande
16:41:00 Bykans 5.5 miljoen toeriste het Suid-Afrika gedurende die eerste sewe maande vanjaar besoek. Die minister van toerisme, Marthinus van Schalkwyk, sê dit verteenwoordig 'n 7,8-persentvermeerdering teenoor die vorige jaar.
Obama vereer in Keniaanse musiekblyspel
15:04:36 Barack Obama, die Amerikaanse presidentskandidaatgunsteling se lewe word nou in ‘n Keniaanse musiekblyspel uitgebeeld in die laaste paar dae voor die verkiesing in Amerika. Obama se grootouers kom van dié Afrikarepubliek af.
Huispryse bly laag, s? Standard Bank
14:55:02 Nadat huispryse liggies geklim het in September, het Standard Bank se huisprysgemiddeld in Oktober met 2,5 % gedaal, het die bank bekend gemaak.
Obama geniet sterk ondersteuning in suidelike Irak
14:37:07 Afstammelinge van swart rebelle in die suidelike Irakese stad, Basra, ondersteun Obama onvoorwaardelik in Dinsdag
se Amerikaanse verkiesing, hoewel party van hulle vrees dat rassisme sal verhoed dat hy wen.
Lees verder: Obama geniet sterk ondersteuning in suidelike Irak
Hoe s?, s? Britse troepe
Hulp aan Zim gaan opdroog
Hulp aan Zimbabwe gaan opdroog uit die Weste indien die land nie wys dat dit sy erns is om sy eie mense te help nie. Zimbabwe het $7,3 miljoen se onlangse hulpgeld op ander dinge uitgegee as waarvoor dit bestem is. Global Fund wat Vigs, malaria en tuberkulose wil beveg, het gevra dat die geld teruggegee word omdat Zimbabwe nie by hulle ooreenkoms hou nie.
