07:33:31 Is jy keelvol, indien nie g-vol nie, oor omtrent alles deesdae eentalig Engels is (of Engels en 'n swart taal)? Wel, neem die pen op en skryf.
Draai rugby nekom en kry klaar
07:15:40 Tussen die politici en SARU het SA se rugby-establishment die kuns vervolmaak om 'n wensituasie betroubaar in 'n nederlaag te omskep. Rugby steier van krisis na krisis.
Skielik-regter kry doodsdreigemente
Die regter en aanklaer in die Skieliksaak is onder polisiebewaking nadat hulle doodsdreigemente ontvang het.
Meer as 130 Britse families per dag verloor hulle huise
14:40:27 Een uit vyf huise op die Britse mark word te koop aangebied omdat die eienaars nie meer die verbandpaaiemente kan bybring nie. Ten minste 5000 eiendomme word elke week verkoop volgens 'n ondersoek deur die Nasionale Vereniging vir Eiendomsagente.
Lees verder: Meer as 130 Britse families per dag verloor hulle huise
Skielik-skieter kry 4 keer lewenslank
14:28:17 Johan Nel, die Skielik-skieter, sal die res van sy lewe agter tralies deurbring. Die hooggeregshof in Mmabatho het hom Vrydag tot meer as 100 jaar tronkstraf gevonnis.
Sterftes in myne moet gestraf word
13:43:32 Daar is 'n menslike tol daaraan om vir goud te delf in Suid-Afrika. Terwyl die sterftesyfers minder word, is dit steeds hoog genoeg dat die parlement vandeesweek maatreëls oorweeg om uitvoerende beamptes by myne te dreig met tronkstraf vir sterftes in hulle myne.
294 Mense dood aan cholera, s? Amerikaanse ambassadeur
13:20:33 Die Amerikaanse ambassadeur in Harare, James McGee, het Donderdag gesê dat 294 sterftes aan cholera reeds in Zimbabwe aangemeld is, te midde van sowat 1200 gevalle van dié siekte wat aangemeld is.
Lees verder: 294 Mense dood aan cholera, s? Amerikaanse ambassadeur
SA gaan hulp aan Zim terughou
Suid-Afrika het Donderdag gesê dat hulle byna $30 miljoen se hulp aan Zimbabwe terug gaan hou totdat 'n nuwe regering daar in plek kom terwyl die land gereedmaak om 'n nuwe rondte magsdelingsamesprekinge volgende week te hou.
Rooimiere beskuldig dat hulle man vermoor
Die Rooimiersekuriteitswagte word daarvan beskuldig dat hulle 'n vrou aangerand het en haar man vermoor het nadat hy haar te hulp gesnel het in Edenpark in Ekurhuleni, het polisie Donderdag gesê.
Johannesburgse sakegebied donker
Krag behoort weer ten volle beskikbaar te wees in die Johannesburgse sakesentrum teen Saterdag, nadat 'n brand uitgebreek het in 'n kabeltonnel vroeër die week, het 'n woordvoerder gesê.
