Tiananmenplein: ‘n nabetragting

Dit is alweer twintig jaar gelede sedert Chinese studente ’n massaoptog georganiseer het teen die Kommunistiese bewind waaronder hulle jarelank gebuk gegaan het: ’n Opstand wat uiteindelik met harde hand platgeslaan was deur die Chinese owerheid, en waarvan die presiese aantal wat omgekom het nog steeds ’n raaisel is. Hierdie optog het gevolg kort nadat

Lees verder: Tiananmenplein: ‘n nabetragting

Franse melkboere in opstand

Franse melkboere het Donderdag 15 000 liter melk voor die stadsaal van Puy-de-Dôme in Clermont-Ferrand uitgestort. Die melk is in drie tenkvragte aangery en op die sypaadjie uitgegiet om protes aan te teken teen die melkprys ten spyte van 'n ooreenkoms wat ure tevore in Parys onderteken is. Honderde melkboer uit Pontaumur (Puy-de-Dôme) in vragmotors

Lees verder: Franse melkboere in opstand

Sannieshoffers wen teen ANC-munisipaliteit in hof

Die Tswaing-munisipaliteit se aansoek om 'n verstekvonnis teen 'n aktivis op Sannieshof wat sy belastings in 'n trustfonds inbetaal is gister in die landdroshof op Delareyville van die hand gewys.

'n Ondersteuner van die munisipaliteit wat blykbaar gekant is teen pogings van inwoners om die dorp se rioolstelsel reg te ruk, mnr. Hennie Breytenbach, was so onstoke dat hy uit die hofgebou gestorm het.

Die Tswaing-munisipaliteit se aansoek om 'n verstekvonnis teen 'n aktivis op Sannieshof wat sy belastings in 'n trustfonds inbetaal is gister in die landdroshof op Delareyville van die hand gewys.

'n Ondersteuner van die munisipaliteit wat blykbaar gekant is teen pogings van inwoners om die dorp se rioolstelsel reg te ruk, mnr. Hennie Breytenbach, was so onstoke dat hy uit die hofgebou gestorm het.

Lees verder: Sannieshoffers wen teen ANC-munisipaliteit in hof

Diesel beland in Steelpoortrivier

Die Steelpoortrivier in Limpopo is besoedel ná ’n chemiese storting, het die Groter Sekhukhune-distriksmunisipaliteit gister gesê. Dit volg op ’n ongeluk eergisteraand waarin ’n vragmotor (wat sowat 20 kiloliter diesel vervoer het) ’n chemiese stoortenk op die De Hoop-dam se konstruksieterrein getref het, het mnr. Willy Mosuma, munisipale woordvoerder, gesê. “Ons waarsku mense wat in

Lees verder: Diesel beland in Steelpoortrivier

Zuma klap sweep met staatsrede

President Jacob Zuma het Woensdag in sy eerste staatsrede 'n aantal kernkwessies uitgelig. Afrika se grootste ekonomie verkeer tans in 'n resessie nadat die aanvraag vir grondstowwe en vervaardigde goedere sterk afgeneem het. Zuma het belowe om 500 000 nuwe werkgeleenthede midde die resessie te skep en gesê afleggings kan vermy word. “Ons vyfjaarplan word

Lees verder: Zuma klap sweep met staatsrede

Skokverslag oor misdaad teen kinders

Terwyl een kind elke drie minute in Suid-Afrika verkrag word, is daar tussen 2007 en 2008 1 410 sake van kindermoord aangemeld. Daarbenewens is nagenoeg 45% van alle verkragtings wat in Suid-Afrika aangemeld word, kinderverkragtings. Dié en talle meer skokkende feite oor misdaad teen kinders word Donderdag, 4 Junie deur Solidariteit Helpende Hand onthul met

Lees verder: Skokverslag oor misdaad teen kinders

TV-kyk skadelik vir taalontwikkeling

Om gedurig die TV in ’n huishouding met babas en kleuters aan te hê is sleg vir brein- en taalontwikkeling, het ’n onlangse studie bevind. Televisie is sleg vir babas en kleuters se ontwikkeling omdat dit die aantal woorde wat kinders hoor en sê beperk, het ’n studie vandeesweek gewys. “Hoorbare televisie verminder duidelik spraak

Lees verder: TV-kyk skadelik vir taalontwikkeling

VSA lek vertroulike kerninligting

Die Amerikaanse regering het per ongeluk 'n verslag van 266 bladsye wat as "hoogs vetroulik" gemerk is, openbaar gemaak. Die verslag bevat gedetaillerde inligting van die land se burgerlike kernpersele en programme en dit sluit kaarte in wat die spesifieke ligging aandui waar brandstof vir kernwapens gehou word, in. Die publikasie van die verslag is

Lees verder: VSA lek vertroulike kerninligting

Vrou van vermiste vliegtuigpassasier bly hoop

Die vrou van die Suid-Afrikaner, Erich Heine (41) wat vermis word nadat vlug 447 van Air France oor die Atlantiese Oseaan vermoedelik verongeluk het, is steeds vol hoop dat haar man lewe. Alet Heine het Woensdag in 'n onderhoud gesê sy is moeg gedink. "Daar is nog steeds geen nuus nie, maar ek het op

Lees verder: Vrou van vermiste vliegtuigpassasier bly hoop