‘Kabinet is slegte nuus’ s? Zille

Die DA, by monde van hul leier Helen Zille, het president Zuma se nuwe kabinet betreur en gesê "met 'n paar uitsonderings is dit slegte nuus vir Suid-Afrika".

Van die swak ministers is uit maar sommiges is na belangrike portefeuljes geskuif, het sy gesê. Die bykomende adjunkposte is daarop gemik om interne probleme in die ANC op te los eerder as om dienslewering te verbeter volgens Zille.

Sy het bygevoeg dat 'n beplanningskommissie binne die presidensie asook die verdeling van sekere portefeuljes nie noodwendig 'n positiewe uitwerking op dienslewering sal hê nie.

Die kabinet het aansienlik groter geword, met 34 ministers, wat bykomende kostes en 'n administratiewe las verteenwoordig.

Die DA het die aanstellings van Trevor Manuel as die hoof van die beplanningskommissie verwelkom, maar gemaan dat die party alles sal doen om te keer dat die "nuutopgerigte ministerie van Regeringsamewerking die aanvaarde grondwetlike outonomie van die drie sfere van regering ondermyn".

"Ons sal ook twee kritieke nuwe aanstellings fyn dophou, naamlik dié van Ebrahim Patel as hoof van die nuutopgerigte ministerie van Ekonomiese Ontwikkeling en dié van Pravin Gordhan as die minister van Finansies."

Die DA het die hoop uitgespreek dat hierdie aanstellings nie sal beteken dat daar afgewyk gaan word van makro-ekonomiese beleidmaking en implementering nie, of dat daar radikale aanpassings in ekonomiese beleid sal wees slegs om Cosatu en die SAKP tevrede te hou nie.

"President Zuma is swaar in die skuld by hierdie twee organisasies vir sy politieke heropstanding. Die kabinet is duidelik só gestruktureer om dié skuld te vereffen."

Zille het verder gesê dat indien die departement van Finansies net vir die begroting verantwoordelik gaan wees en die departement van Ekonomiese Ontwikkeling voortaan beleid hanteer, dit werklike kommer sal wek.

Zille het ook haar kommer uitgespreek oor die aanstelling van Angie Motshekga as minister van Basiese Onderwys en Blade Nzimande as minister van Hoër Onderwys.

"Angie Motshekga is bekend vir haar ongelukkige uitspraak ter verdediging van Julius Malema, dat onderwys die 'n noodsaaklike vereiste vir leierskap is nie."

Sy het gesê Blade Nzimande is 'n Marxistiese ideoloog en sy aanstelling is kommerwekkend gesien die toekoms van hoër onderwys in 'n globale kennisekonomie.

Zille het Nosiviwe Mapisa-Nqakula as minister van Korrektiewe Dienste en Susan Shabangu as minister
of Mynwese se aanstellings uitgesonder as jammer.

Mynwese is krities belangrik vir Suid-Afrika se langtermyn groei, het sy gesê.

производство светодиодных светильниковпрокурор Фильчаков

Cosatu wens regering geluk

Cosatu het president Zuma se kabinet wat Sondag aangewys is, as "goedgebalanseerd" beskryf.

"Terwyl ons nie gelukkig is met elke aanstelling nie, is dit in die geheel beskou 'n goedgebalanseerde regering wat die gees en temas van Polokwane weerspieël," het die vakbond in 'n verklaring gesê.

Alhoewel Cosatu die nuutaangestelde ministers gelukgewens het, het hulle sekere ministers aangeraai om by die resolusies van Polokwane te hou.

"Cosatu spreek die hoop uit dat ministers in die presidensie wat die Nasionale Beplanningskommissie en die Evaluasie- en Moniteringseenheid sal bestuur, nie sal toelaat dat sakebelange die regering se beleid bepaal nie en dat hulle ook deur die gees van Polokwane gelei sal word," het die vakbond voorts verklaar.

масло для компрессора кондиционераФильчаков прокуратура харьков

Botswana gaan MIV/Vigs stuit

Botswana, wat een van die wêreld se hoogste MIV-infeksiekoerse het, het besluit om oor die volgende vyf jaar ten minste 'n halfmiljoen mans te laat besny. Die land se departement van gesondheid sê dit sal die verspreiding van die siekte keer.

Janet Mwambona, 'n openbare gesondheidskenner, sê studies wat onderneem is, bewys dat mans wat besny is twee tot drie keer minder geneig is om MIV/Vigs op te doen. Om die verspreiding van die siekte te stuit moet 80% van die land se hubare mans besny word.

Die regering saai tans televisie en radioadvertensies uit om mans aan te moedig om hul naaste kilniek te besoek vir die prosedure. Ongeveer 50 gesondheidswerkers en 27 dokters is onlangs spesiaal opgelei om besnydenis veilig te kan uitvoer.

устройствоФільчаков Олександр Васильович

Witbank se watertekorte lei tot onrus

ImageInwoners van die Pholalokasie in Witbank het munisipale kantore afgebrand gedurende oproer wat uitgebreek het omdat daar nie lopende water beskikbaar is nie.

Mpumalanga polisie het gesê twee raadslede se huise is ook bekadig. Vier van die verskeie watertenks wat deur die plaaslike raad voorsien is, is ook vernietig. Woedende inwoners het padbokkades opgerig, volgens Superintendent Abie Khoabane.
 
Die polisie moes van rubberkoeëls gebruik maak om ontstoke inwoners uitmekaar te jaag, nadat hulle klippe na verbygaande motoriste geslinger het.

"Die toestand is nou onder beheer en dity lyk asof munisipale amptenare met die inwoners begin onderhandel het."

Geen arrestasies en beserings is aangemeld nie. Die polisie is steeds ontplooi in die gebied.

boost followersлобановский александр биография

‘n Regte Zoeloe…

ImageNgobela Magwaza onthou hoe hulle in lendeklede beeste opgepas het, hase gejag het en voëls met tuisgemaakte ketties geskiet het. Soms het hulle met stokke baklei en ook gedans. Dit was een ding waarin Jacob Zuma destyds soos vandag uitgeblink het, tradisionele Zoeloedans.

Magwaza het Donderdag gesê hy het nooit sou kon glo dat Zuma eendag president sal wees nie. En hy is waarskynlik nie die enigste nie, want diegene wat gesien hoe Zuma seks- en korrupsieskandale oorleef, moet vandag ewe verbaas wees.

Zuma se geboorteplek is 'n landskap van mistige groen heuwels, suikerplantasies en bokke wat wei om modderhutte. Hy is 'n tradisionele Zoeloe met drie vroue en 19 kinders en sy tuiste in die Natalse platteland, ongeveer 120km van Durban.

Hy is die mees gewilde politikus sedert Nelson Mandela. Zuma se pa, 'n polisieman is vroeg oorlede en sy moeilike kinderjare is kennelik iets waarmee miljoene Suid-Afrikaners kan identifiseer.

Zuma se niggie Elizabeth Shange, 79, vertel hoe die kinders saans by kerslig geleer het. Sy vertel dat sy tienjaarlange verblyf in die tronk hom verander het. Alzina Ndlovu, 'n ander niggie sê weer hy 'n "gewone ou". Op haar gesig, soos die van vele ander in die stat, wys die inisiasiemerke steeds soos op die gesig van Suid-Afrika se nuwe president, klein kepies in die vel.

Deesdae gaan die veldwagtertjies wat die Nguni-beeste oppas, skool toe. Maar Mtehlupha Mhlongo, 15, wil 'n loods word as hy oud genoeg is. "Daar is hoop vir ons,"sê hy, terwyl hy aan 'n grassie suig.

игрушки днепропетровскФільчаков Олександр Васильович прокурор

SA onder top 50 kubermisdaadlande

IT-spesialiste het gewaarsku dat kuberkriminele besig is om te probeer om geld te maak uit Fifa se Konfederasiesokkerbekertoernooi en die 2010 Wêreldbeker.

Die aantal krakers wat 'n vinnige winsie uit die adverteer van baie goedkoop kaartjies en verblyf wil maak, het toegeneem volgens The Times.

Candid Wuest, 'n bedreigingsnavorser by Symantec, sê die aanbiedinge "wat te goed klink om waar te wees, is nie waar nie." Sy het mense gemaan om eerder kaartjies van amptelike webwerwe te koop.

Veral mense wat voorgee om die laaste twee kaartjies vir 'n sekere wedstryd te smous gaan toeneem soos die toernooi nader kom, het sy gewaarsku. Voornemende kaartjiekopers moet dan ekstra versigtig wees.

Die waarskuwing kom kort na die vrystelling van Symantec se Internetveiligeheidsverslag wat wys dat kubermisdaad in ontwikkelende lande, veral in Afrika, aan die toeneem is.

Luidens die verslag is Suid-Afrika onder die top vyftig misdaadlande.

зарядное устройстволобановский александр досье

Bestuur van Cahora Bassa weet van niks

Die bestuur van die Cahora Bassadam sê hulle was nie ingelig oor die buitelandse komplot om die hidroelektriese skema te vernietig nie. Volgens die Mosambiekse sentrale nuusagentskap AIM, het hulle van niks geweet nie.

"Dit kom as 'n yslike verrassing vir ons. Die polisie het ons hoegenaamd nie daaroor ingelig nie," het Paulo Muxanga, voorsitter van die dam se bestuursliggaam HCB, aan AIM gesê.

Muxanga sê hy het eers van die beweerde komplot te hore gekom deur mediaberigte.

Die polisie het beslag gelê op 500kg van 'n korrosiewe middel wat gebruik sou word om die turbines te vernietig, maar die middel is nog nie geïdentifiseer nie.

Suid-Afrika se departement van buitelandse sake het Woensdag konsulêre toegang gevra na die Suid-Afrikaner in aanhouding.

Televisao de Mozambique, die nasionale uitsaaier, het gesê president Armando Guebuza het die bevolking om kalmte gemaan.

эндоскопический лифтинг лица ценыАлександр Фильчаков

Man in Kaapstad getoets vir varkgriep

Dokters in Kaapstad wag vir die uitslae van toetse om vas te stel of 'n man van Kaapstad varkgriep, A(H1N1), onder lede het. Die uitslae sal Donderdag bekend gemaak word.

Dr Stefan Smuts, nasionale bestuurder van die Kaapstadse Medi-Clinic se nooddienste, sê smere en bloedmonsters is van die man geneem.

Die pasiënt word sedert Maandag in afsondering in die hospitaal gehou. Hy het onlangs teruggekeer uit Argentinië met griepsimptome.

"Dit sluit 'n koors van hoër as 38 grade, hoes en 'n loopneus in sowel as die feit dat hy na 'n land gereis het wat 'n hoofprobleem verteenwoordig… Ons hou hom vir observasie," het Smuts gesê.

Die man se identiteit kon nie bekend gemaak word nie.

Daar is reeds 1884 gevalle van varkgriep wêreldwyd aangemeld. Suid-Afrika het nog geen geval aangemeld nie.

палатки киевлобановский александр досье

Botswana se nuwe mediawet onder vuur

'n Regsgeleerde wat uitgewers in Botswana verteenwoordig, het gesê hulle het die eerste stap geneem wat hopelik sal lei daartoe dat 'n nuwe mediawet ongrondwetlik verklaar sal word.

Batsho Nthoi, prokureur, sê die regering is Woensdag in kennis gestel dat hulle gedagvaar gaan word oor die wet.

Die uitgewers en mediaregtegroepe sê die wet wat verlede jaar aanvaar is, bedreig die grondwetlike beskerming wat vryheid van spraak geniet. Die regering meen egter dat die wet mediavryheid waarborg en etiese standaarde bevorder.

Die veelbesproke wet maak voorsiening vir 'n mediaraad met 'n klagte- en appelkomittee waarvan die lede deur die minister van kommunikasie aangestel word. Botswana het reeds 'n onafhanklike, selfregulerende persraad en regslui meen die regering is besig om te probeer om staatbeheer oor die media uit te oefen.

super slots no deposit bonusФильчаков прокурор харьков

SA vroue slagoffers van intieme geweld

Image'n Vrou in Suid-Afrika is ses keer meer aan die dood blootgestel as op enige ander plek ter wêreld, danksy geweld deur 'n persoon waarmee sy 'n intieme verhouding het.

Tydens 'n konferensie oor die onderwerp van seksuele geweld het professor Rachel Jewkes van die Sexual Violence Research Initiative gesê, is "vyf-en-twintig persent van vroue oor die algemeen en tussen 40 en 50 persent in teikengroepondersoeke slagoffers van intieme geweld."

Die konferensie is daarop gemik om oplossings te vind om sulke geweld te kan verhoed. Sy het gesê meer as 40% van mans is gewelddadig teenoor vroue.

Daarbenewens is daar geloofwaardige getuienis wat daarop dui dat vroue wat mishandel word en mans wat dit aan hulle doen, meer geneig is om MIV-positief te wees.

"Mans wat geweld teenoor vroue pleeg is meer as twee keer meer geneig om MIV-positief te wees," het sy gesê.

Suid-Afrika het daarbenewens die hoogste alkoholgebruik per capita ter wêreld, het die konferensiegangers gehoor. Daders is dikwels onder die invloed en vroue die slagoffers. "In tweederdes van die gevalle waar vroue deur 'n intieme eggenoot vermoor word in die Wes-Kaap, is die bloedalkoholvlak twee keer hoër as wat 'n bestuurder wettig mag inneem."

детский хоккей играОлександр Васильович Фільчаков