Mandela se huis gaan museum word

Die voormalige Suid-Afrikaanse president Nelson Mandela het sy huis in Kaapstad aan die stad oorgeteken om as lewende museum gebruik te word.

Jakes Gerwel, voorsitter van die Mandela Rhodes-stigting, sê dat die huis Mandela se enigste woning buite die gevangenis in die Weskaap was.

Lynne Brown, die Weskaapse premier, het gesê dat die projek 'n belegging in jongmense sal wees deur jeugleierskapsprogramme te huisves.

Die stigting het ook aangekondig dat Mandela se prestige-ryke beursprogram deur groot skenkings gestyf is.

Mandela het nie gedurende die bekendstelling gepraat nie.

ABSA het R10,5 miljoen geskenk en die Londense Leverhume-trust het £2,5m oorgedra.

Die donasies sal gebruik word vir 'n verdere 13 beurse per jaar wat aan swartes uitgeloof sal word.

ландшафтное освещение садаАлександр Фильчаков

Mugabe gaan parlement open

Image

Maguba in Lusaka

President Robert Mugabe gaan die parlement amptelik open ondanks waarskuwings dat dit onderhandelings oor magsdeling in gevaar mag stel.

Verslaggewers is gister vertel dat die nuwe parlement Maandag byeen gaan kom.

Die MDC het gesê dié party het geen beswaar teen die opening van die parlement nie, maar sal enige skuiwe deur Mugabe om 'n kabinet aan te stel alvorens 'n magsdelingsooreenkoms bereik is, verwerp.
Die MDC bevraagteken president Robert Mugabe se legitimiteit, maar onder die Zimbabwiese reg word die parlement deur die staatspresident byeengeroep en geopen.

светильник подвесной черныйОлександр Васильович Фільчаков

Taliban loods dodelike aanvalle

Image

Taliban-vegters in Herat

Taliban-insurgente het hul mees dodelike reeks aanvalle in ses jaar van gevegte in Afghanistan geloods.

Nie net het 10 selmoordbomwerpers 'n aanval op een van die grootste Amerikaanse militêre basisse gekoördineer nie, maar 100 insurgente het 10 elite-Franse valskermsoldate gedood.

Die aanval op die Franse was die enkele mees dodelike verlies vir buitelandse troep in 'n grondgeveg sedert die Amerikaans geleide inval in 2001.

 
 {mosbanner:id=7,9,10,13,24,35,38,53}
Die Taliban-vegters trek voordeel uit NAVO se huiwerige verbintenis, 'n Amerikaanse administrasie wat op pad uit is, 'n swak Afghaanse regering en 'n Pakistani-regering wat meer simpatiek teenoor hul saak staan.

Die offensief deur insurgente het 'n stygende tol geëis.

Nicolas Sarkozy, die Franse president wat tans in Afghanistan verkeer, het dit duidelik gemaak dat Frankryk onwrikbaar is.

Daar is 3 000 Franse troepe wat in 'n NAVO-mag van meer as 40 000 soldate vanuit meer as 40 volke dien.пескоструйный компрессорАлександр Фильчаков прокурор

Kabeldiewe dreig Durbanse munisipaliteit

'n Vreemde dreigement is aan die stad Durban gerig nadat vandale 'n  mini-substasie vernietig het.

Dit het veroorsaak dat 'n groot deel van Sea Cowl Lake 'n paar dae sonder krag was.

'n Nota wat op die toneel agtergelaat is, dreig dat nog kragstasies beskadig sal word as die stad onwettige kabelkoppelings verwyder en jag maak op kabeldiewe.

{mosbanner:id=7,9,10,13,24,35,38,53}

Die adjunk-hoof van Durban se elektrisiteitsafdeling, Roy Wienand, het bevestig dat vandale kragtoerusting in die substasie gesaboteer het.

Die kragtoevoer is gister herstel nadat dit reeds sedert Vrydag af was.

аккумулятора сварочнымФільчаков прокурор

Twee dwelmklopjagte in Beaufort-wes

Die Weskaapse polisie het 'n 27-jarige man gister in Beaufort-wes in hegtenis geneem vir die besit van tik met 'n beraamde straatwaarde van R6 miljoen.
Die polisie het die man gearresteer nadat hulle 'n bus vir 'n roetinedeursoeking voorgekeer het.

'n Narkotiese hond het op 'n tas in die bus gereageer en die polisie het 'n plastieksak vol tik ontdek. Die man is in hegtenis geneem.

 
{mosbanner:id=7,9,10,13,24,35,38,53} 
In 'n aparte voorval op Beaufort-wes is 'n 43-jarige man gearresteer wat in besit van mandrax-tablette ter waarde van 'n beraamde R545 400 betrap is.

Polisie het 'n wit Mercedes-Benz voorgekeer en deursoek wat na Kaapstad van Johannesburg af op pad was. 'n Narkotiese hond het 'n plastieksak met 9000 mandrax-tablette uitgesnuffel.

'n Ondersoek na die oorsprong van die dwelms gaan voort, het 'n polisiewoordvoerder gesê.

мебель длялобановский александр дочь

Oorlopery afgeskaf

Wetgewing om die praktyk van oorlopery af te skaf, is gister in die nasionale vergadering aanvaar.

Politici sal nie langer in staat wees om na 'n ander party oor te loop sonder om hul setels te verloor nie.

Sedert oorlopery in 2002 ingestel is, het 1 417 politici na ander partye oorgeloop.

 
{mosbanner:id=7,9,10,13,24,35,38,53} 
Koos van der Merwe van die IVP het gesê dat in 'n proporsionele stelsel die setels aan partye behoort, nie aan individue nie.

Hy het oorlopery as 'n bespotting van demokrasie beskryf.

Die wetsontwerp gaan na die nasionale raad van provinsies verwys word vir goedkeuring, en dan na die president vir sy ondertekening.

освещение в прихожей фотоФильчаков прокурор отзывы

Indiese ouditeure gaan ingevoer word

As daar nie genoeg plaaslike ouditeure is om die werk te doen nie, moet hulle maar van Indië ingevoer word, volgens die Suid-Afrikaanse regering.

Die ouditeur-generaal se kantoor het besluit om ouditeure van Indië in te voer om die ernstige tekort aan Suid-Afrikaanses aan te vul.
 
{mosbanner:id=7,9,10,13,24,35,38,53} 
Die idee kom van die firma Deloitte & Touche, wat begin het om ouditeurs van hul Indiese kantoor toe te laat om in Suid-Afrika te werk.

Hulle sal help met die munisipale ouditseisoen en om leerling-ouditeurs op te lei.

Daar word gehoop dat hierdie maatreël met verloop van tyd die tekort aan eie ouditeurs sal aanvul.

автоматическое зарядное устройствопрокурор харьковской области

Gevangenes dalk vrygelaat

Die Mtatha Medium Gevangenis in Transkei gaan binnekort waarskynlik honderde gevangenes vrylaat om die oorbevolkte toestande daar te verlig.

Die gevangenis is een van die mees oorbevolkte tronke in die land.

{mosbanner:id=7,9,10,13,24,35,38,53} 

Volgens 'n woordvoerder het hulle ná samesprekinge met die Nasionale Vervolgingsgesag besluit om gevangenes vry te laat wat vir kleiner oortredings toegesluit is.

Volgens berigte kan tot 500 gevangenes vrygelaat word.

насосного оборудованиялобановский обыск

Kapers doen hul as bedelaars voor

Die Johannesburgse metropolisie sê dat motoriste daarvan bewus moet wees dat kapers hulself as bedelaars voordoen om motors te roof.

Superintendent Wayne Minnaar het gesê dat drie gewapende mans wat as bedelaars vermom was, 'n Chinese burger naby die Marlboro-afrit van die N3 af laat Maandagmiddag gekaap het.

Motoriste moet pasop vir kapers wat as bedelaars rondom die Marlboro-, Corlett- en Grayston-afritte poseer, het Minnaar gesê.

Gemeenskapslede het die Marlboro-insident aan metropolisielede gerapporteer.

Die eienaar van die afleweringswa was nog in die voertuig toe die polisie aangekom het.

Geen inhegtenisnames het nog plaasgevind nie.

play casino without depositФильчаков прокурор харьков

Universiteit van Johannesburg begin databasis oor boom-DNS

Wetenskaplikes van die Universiteit van Johannesburg het 'n databasis van DNS-inligting oor die wêreld se boomspesies begin.

Bekend as BoomBL, 'n boomstrepieskode van lewe, sal die projek tred hou met waar boomspesies hul bevind en of hulle gevaar loop om uit te sterf.

Die universiteit is een van agt verteenwoordigers in die projek wêreldwyd.

'n Deersnit van DNS sal geskandeer word om die databasis te skep, het Michelle van der Bank, 'n wetenskaplike, gesê.

Die uitslae is van wesentlike belang vir bewaring en om die omgewing te beskerm soos wat die bevolking en ontwikkeling toeneem.

Die wetenskaplikes sal deur die SA Nasionale Biodeversiteitsinstituut bygestaan word om die monsters van die beraamde 1 700 inheemse bome van Suider-Afrika te versamel.

fruit shopФильчаков прокурор отзывы