Politici sal nie langer in staat wees om na 'n ander party oor te loop sonder om hul setels te verloor nie.
Sedert oorlopery in 2002 ingestel is, het 1 417 politici na ander partye oorgeloop.
{mosbanner:id=7,9,10,13,24,35,38,53}
Koos van der Merwe van die IVP het gesê dat in 'n proporsionele stelsel die setels aan partye behoort, nie aan individue nie.
Hy het oorlopery as 'n bespotting van demokrasie beskryf.
Die wetsontwerp gaan na die nasionale raad van provinsies verwys word vir goedkeuring, en dan na die president vir sy ondertekening.
